Max Verstappen (Red Bull) was derde, gevolg deur Sebastian Vettel en Charles Leclerc (albei Ferrari) en Pierre Gasly (Red Bull).
Dit was ook die vyfde keer die afgelope ses jaar dat Mercedes op die Circuit de Barcelona-Catalunya eerste en tweede geëindig het. Boonop was dit die vyfde agtereenvolgende ren vanjaar dat Mercedes eerste en tweede geëindig het. Hulle het dus hul eie rekord laat spat.
Met dié feite kan niemand stry nie!
Hamilton is nou weer sewe punte voor Bottas op die kampioenskapspuntelys en om sake verder in te vryf, het hy die bonuspunt vir die vinnigste rondtetyd (1:18.492) ook agter sy naam geskryf. Hy is nou 49 punte voor Vettel (derde) en die Mercedes-span se voorsprong bo Ferrari in die vervaardigersafdeling is ʼn ongelooflike 94 punte ná net vyf renne.
Hamilton is glad nie van plan om sy Formule Een-wêreldkampioenskapskroon prys te gee nie. Ja, daar is bespiegelinge dat hy dalk ná 2020 se reeks sy heil by Ferrari kan gaan soek, want hoeveel meer kan dié man dan nog bereik?
Hy het vanjaar in Bahrein, China en in Barcelona geseëvier en was tweede in Melbourne en Azerbeidjan.
Diegene wat dus die afgelope paar weke geglo het dat Bottas hom van sy troon kan dwing, sal twee keer moet dink.
Hamilton het die soveelste keer in sy loopbaan sy meesterlike bestuursvernuf uitgestal nadat hy kort ná die wegspring verby Bottas geskuif en nooit weer teruggekyk het nie.
Hamilton het sy 76ste loopbaanoorwinning behaal en dit is die vierde keer (die vorige kere was in 2014, 2017 en in 2018) dat hy in die Spaanse ren koning gekraai het.
Jinne mense, hy is maar net 34 jaar oud en het in 2007 die eerste keer gewen. Hy was reeds vyf keer wêreldkampioen en Michael Schumacher se rekordgetal loobaanoorwinnings (91) kruip al hoe nader.
Vir die Ferrari-ondersteuners het die dolle tweestryd tussen Vettel en Leclerc vir groot opwinding gesorg. Die vraag is steeds nog nie beantwoord watter een van die twee jaers die vinnigste is nie, hoewel Vettel Sondag koning kon kraai.
Vir Red Bull was Verstappen se vertoning ook ʼn riem onder die hart.
Maar vir die res? Terug tekenbord toe.
Wat beteken die oorwinning nou eintlik.Is Hamiton die beste of is het net gelukkig om agter die stuurwiel van die beste Formule 1 motor in te klim.
Dit sal interessant wees om ‘n kompetisie te kyk waarin een vervaardiger al die motors
voorsien soos Pirelli al die bande voorsien.
Dan sal ‘n mens regtig kan sien wie werklik die beste en vinnigste is en dit gaan beslis
nie Hamilton wees nie.
Hamilton het 2007 by ‘n sukkelende Mclaren span aangesluit. Die McLaren span kon geen wedrenne in 2006 wen nie. 2007 wen hulle 8 tussen Hamilton en Alonso. Dit was Hamilton se rookie jaar, en hy het tweede ge-eindig daardie jaar. Selfs toe hy oorgaan na Mercedes in 2013, het baie mense gedink hy maak ‘n loopbaan-fout. Rosberg het vir Mercedes in 2012 hulle eerste pole en wen gekry sedert 1955. 2013 het Vettel gewen, en Mercedes eindig 5de. Sedert 2014 domineer Mercedes en Hamilton. Hy het met 2 spanne bewys hy kan ‘n swakker voertuig eerste oor die wenstreep kry. Presies wat Laude en Schumacher kon doen.
Hamilton kan net wen as hy die beste kar het. Hoe kan hy verloor as hy net sy spanmaat moet wen om die kampioen te wees.
Ek is, skuus was mal oor F1. Ek dink F1 het sy glans verloor. Al die gepraat oor begrotings, elektronika, beperkte ontwikkeling tyd, beperkings, beperkings, ens. Wat het geword van suiwer meding. Daar is geen strategie meer nie. Geen brandstof stoppe nie, geen opwinding. Dan Hamilton wat jaarliks wêreld kampioen word met een opponent. Ek kyk eerder na verf wat droog word…as om F1 te kyk vandag. Ek kan nie sien dat dit gaan beter word nie….