Die Belgiese Formule Een Grand Prix (die 13de wedren van die seisoen) word Sondag op die Spa-Francorchamps-baan gejaag. Die oefenrondes begin Vrydag en die kwalifisering word Saterdag afgehandel.
Die vorige wedren, die Hongaarse Grand Prix, is deur Lewis Hamilton gewen.
1 Lewis Hamilton (Mercedes) 1:37:16.427
2 Sebastian Vettel (Ferrari) +17.123
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) +20.101
4 Daniel Ricciardo (Red Bull) +46.419
5 Valtteri Bottas (Mercedes) +60.000
Met Ferrari se tweede en derde plekke in die vorige wedren het hulle gewys dat hulle nog nie boedel oorgegee het nie.
Op die punteleer is Lewis Hamilton (Mercedes) 24 punte voor sy naaste teenstander.
1 Lewis Hamilton (Mercedes) 213
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 189
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 146
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 132
5 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118
6 Max Verstappen (Red Bull) 105
Die Spa-Francorchamps-baan is 7,004 km lank. Daar is 19 draaie en die wedren word oor 44 rondes beslis. Verlede jaar het ʼn rekordgetal van 265 000 toeskouers die wedren bygewoon.
Lewis Hamilton sal die naweek in sy 111de wedren vir Mercedes wegspring. Hamilton het 110 wedrenne vir McLaren gejaag. Hamilton is ook die eerste renjaer wat in 100 wedrenne vir twee verskillende spanne gejaag het.
Vettel het reeds 51 oorwinnings behaal en 106 keer op die podium geëindig. Raikkonen is op soek na sy 100ste podiumposisie van sy loopbaan. Dit kon nog net deur Schumacher (155), Hamilton (126), Prost (106) en Vettel (106) behaal word.
Die wedren se wegtrek is Sondag om 15:10.