Formule Een: Hamilton en Mercedes kan nou afskakel

Max Verstappen Foto: Formula One

Die Formule Een Grand Prix van Abu Dhabi (die laaste wedren van die jaar) word Sondag gejaag. Lewis Hamilton (Mercedes) het reeds die wêreldtitel (die vyfde van sy loopbaan) agter sy naam geskryf en hy het vanjaar Ferrari se neuse behoorlik in die modder gevryf.

Die tweede laaste Formule Een Grand Prix van 2018 is sowat twee weke gelede op die Jose Carlos Pace-baan in die distrik van Interlagos in Sao Paulo, Brasilië gejaag. Die wedren oor 71 rondtes is deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen met Max Verstappen (Red Bull) tweede en Kimi Räikkönen (Ferrari) derde.

Nou lê die wedren op die Yas Marina baan in Abu Dhabi voor. Die baan is in 2009 voltooi en is 5.554 km lank. Die renjaers sal 55 rondes voltooi en ʼn totaal van 305.355 km aflê. Die langste pylvak is 1.2 km lank en is geleë tussen draai 7 en 8. Die baanrekord (1:40.279) staan agter die naam van Sebastian Vettel (2009).

Terwyl sommige spanne probeer bepaal wat vanjaar verkeerd geloop het, is ander spanne reeds besig om toetse vir aanstaande jaar te doen.

Op die punteleer is Hamilton ligjare voor Ferrari.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 383

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 302

3 Kimi Räikkönen (Ferrari) 251

4 Valtteri Bottas (Mercedes) 237

5 Max Verstappen (Red Bull) 234

In die vervaardigers-afdeling het Mercedes hul vyfde agtereenvolgende titel ingepalm. Op die punteleer is Mercedes nou 67 punte voor Ferrari.

1 Mercedes 620

2 Ferrari 553

3 Red Bull 392

4 Renault 114

Die oefenrondes begin Vrydag, terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel word. Die hoofwedren se wegspring is Sondag om 15:10.

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frans C ·

Vettel en die Ferrarispan het in minsten 6 wedrenne kritiese foute begaan en het soos die All Blacks onder druk geswig/

Thinus Erasmus ·

Ek hou van Verstappen, laat my so baie aan Schumager dink. Ek hoop die toekoms hou vir hom groot moontlikhede in.

Herman ·

Mad Max Verstappen is net soos sy pa ‘n gevaar op die renbaan. Roekekoos.

Dewald ·

Schumacher was geheel en al in ‘n ander klas. Hy was ‘n gentleman op en af die baan. Sou nooit soos Verstappen na ‘n wedren ander drywers gestamp en gestoot het nie. Verstappen is ‘n mens met swak sportmangees

koos ·

Nee Pieter, hulle mag nie afskakel nie, hulle skuld nog vir Bottas ‘n wen!!
Jip Frans C, maar onthou ook, almal het foute gemaak. Gedurende die eerste helfte van die seisoen was dit amper ‘n uitgemaakte saak dat Vettel en Ferrari in 2018 sou wen.
Thinus, ek het dit ‘n wyle terug ook gesê dat Max ‘n kampioen in wording is, maar aai, sy geduld is so min soos my bier voorraad 2 dae voor payday. Gelukkig kom dit met ouderdom saam. As ek dink hoe vurig Schumacher was, asook Alonso en Lewis self ook, en hoe hulle op geeindig het, is daar baie hoop vir hom.

Poot ·

@Herman
Herman ek het ook in die begin van die seisoen so gesê…. en ek dink nie ons is verkeerd gewees nie. Maar ek moet sê hy het vining “mature”. Daars gevaarliker narre tans op die baan as Max.

Frans C ·

KOm ek gooi ‘n knuppel in die hoenderhok.Formule 1 is in een opsig ‘n groot klug en het kleiner spanne ‘n finansiêle sowel as tegnologiese agterstand en maak net die getalle vol.

As ons werklik wil weet wie die beste besuurders is moet die speelveld gelyk wys.
Dit sal natuurlik nooit gebeur nie maar dit sal interessant wees om te sien as alle jaers
bv ‘n Mercedes Benz motor bestuur.Sal Hamilton dan nog die mas opkom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.