Formule Een: Hamilton kort net agt punte

Die span van Mercedes spuit Lewis Hamilton met sjampanje. Die Mercedes-span het Sondag die Italiaanse Grand Prix by die Monza-renbaan in Monza, Italië, gewen. (Foto: Antonio Calanni, AP)

Die Amerikaanse Formule Een Grand Prix word Sondagaand (20:10) in Austin afgehandel.

Dit sal die vierde laaste wedren van die seisoen wees en die groot vraag is of Lewis Hamilton sy dominansie gaan voortsit. Op die oomblik is daar niks wat aandui dat dit nou gaan eindig nie.

Hamilton het weer dié jaar bewys hy is ʼn uitmuntende renjaer en indien hy kophou, sal hy gemaklik sy vyfde Wêreldtitel in die volgende paar weke agter sy naam kan skryf. Toto Wolff, die grootbaas van Mercedes, het ook die afgelope tyd Hamilton se lof besing. Wolff het gesê sy span sal die wedren in Amerika presies dieselfde benader as al die ander wedrenne van die seisoen.

Hamilton kan reeds Sondag die titel syne maak nadat hy die vorige wedren op Suzuka in Japan gewen het. Dit was Hamilton se negende oorwinning van die 2018-seisoen.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 25

2 Valtteri Bottas (Mercedes) 18

3 Max Verstappen (Red Bull) 15

4 Daniel Ricciardo   (Red Bull) 12

5 Kimi Räikkönen (Ferrari) 10

6 Sebastian Vettel (Ferrari) 8

Lewis Hamilton (Mercedes) van Brittanje in aksie tydens die Formule Een Grand Prix in Singapoer. Foto: Vincent Thian/AP

Op die jongste punteleer spog Hamilton met ʼn voorsprong van 67 punte. Hamilton kort Sondag net agt punte meer as Vettel om as kampioen gekroon te word.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 331

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 264

3 Valtteri Bottas (Mercedes) 207

4 Kimi Räikkönen (Ferrari) 196

5 Max Verstappen (Red Bull) 173

6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 146

Die baan in Austin het in 2012 sy eerste Grand Prix aangebied. Die baan is 5,513 km lank en die wedren sal oor 56 rondes beslis word (308,405 km). Die baanrekord van 1:37.766 staan agter die naam van Sebastian Vettel (2017).

Die oefenrondes begin Vrydag terwyl die kwalifisering Saterdag afgehandel sal word.

Die hoofwedren se wegtrek is Sondagaand 20:10 Suid-Afrikaanse tyd.

Meer inligting is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ed ·

Ek het al lankal my eens fanatiese belangstelling in hierdie spektakel van ‘n oorgereguleerde sport verloor.

Robert ·

Is die knaap ‘n goeie ryer of maak die kar hom ‘n goeie ryer. Hy is verwaand!

koos1 ·

Robert, dit is ‘n SPAN sport, soos rugby en krieket. Die bestuurder alleen kan nie wen nie. Ja hy moet goed kan ry en onder druk kan werk, maar sonder sy span sal hy nie eers ‘n wedren kan begin nie.
Mercedes het al hierdie punte onder beheer en daarom is hulle aan die wen kant.
Lewis is een van die mees nederigste bestuurders in die veld. Na elke ren bedank hy sy Hemelse Vader, sy span, die ondersteuners en sy oponente. Soveel ander bestuurders doen dit glad nie!

Leon ·

Lewis is een van die beste F1 bestuurders nog, koelkop en baie gefokus.
Hy en Mercedes verdien dit 100%

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.