Formule Een: Hamilton mik na sy vyfde titel in Meksiko

Lewis Hamilton. Foto: AP Photo/Andre Penner

In Formule Een word die Meksikaanse Formule Een Grand (die derde laaste wedren van 2018) Sondagaand om 21:10 afgehandel. Lewis Hamilton (Mercedes) het verlede jaar sy vierde wêreldkroon in Meksiko gewen en staan op die drumpel om dit wéér in Meksiko op die Hermanos Rodriguez-baan te vermag.

Verlede naweek tydens die Amerikaanse Formule Een Grand Prix het Ferrari se Kimi Raikkonen (eerste plek) verhoed dat Hamilton (wat derde geëindig het) toe die titel syne maak. Max Verstappen (Red Bull) was tweede, Sebastian Vettel (Ferrari) vierde en Valtteri Bottas (Mercedes) vyfde.

Hamilton en Mercedes gaan sekerlik poog om nie weer twee besoeke aan die kuipe te maak soos verlede week nie. Dít het beslis Hamilton gepootjie om die titel op te raap. Die arme Daniel Ricciardo (Red Bull) het weer verlede week vir die soveelste keer die seisoen langs die baan gestop met tegniese probleme.

Op die jongste punteleer spog Hamilton met ʼn voorsprong van 70 punte met drie wedrenne oor en hy benodig nou slegs vyf punte meer as Sebastian Vettel (Ferrari) om as die 2018 kampioen gekroon te word.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 346

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 276

3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 221

  1. Valtteri Bottas (Mercedes) 217

4 5 Max Verstappen (Red Bull) 192

6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 149

In die vervaardigersafdeling is Mercedes tans 66 punte voor Ferrari.

1 Mercedes 563

2 Ferrari 497

3 Red Bull 337

4 Renault 106

5 Haas 84

6 McLaren 58

7 Racing Point Force India 47

8 Toro Rosso 32

9 Sauber 28

10 Williams 7

11 EX-Sahara Force India 0

Die statistieke wys dat Sebastian Vettel nog nooit op die wennersrostrum in Meksiko was nie terwyl Hamilton in sy laaste nege wedrenne onder die eerste drie renjaers geëindig het. Die oefenrondes begin Vrydag en die kwalifisering word Saterdag afgehandel. Die hoofwedren se wegtrek is Sondag om 21:10.

Ná komende naweek se ren in Meksiko bly net die twee wedrenne in Brasilië en Abu Dhabi op die 2018-kalender oor.

Meer inligting is beskikbaar by: https://www.formula1.com/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

koos1 ·

Die bestuurder met die meerste “bad luck” die jaar moes Ricardo gewees het. Die mees opwindenste bestuurder, Verstapen. Die mees gehoorsame bestuurder – dit moet gedeel word tussen Raikonen en Bottas (ironies beide Finne). Die mees gelukkigste, wat s’n sitplek vir volgend jaar het – Stroll (as jy nie ‘n span kry nie, koop jou pa vir jou een). Groentjie van die jaar (en sommer bitter gelukkig ook) – Le Cerck, op 20 in een van die top spanne in vir 2019. Oupas van die jaar – Alonso en Riakonen. Mees gehate bestuurder (deur ander bestuurders) – Maugnesen.
MAAR die mees bestendige moet Hamilton wees.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nee wat….ons sal hom in die eerste draai help om NIE hierdie keer te wen nie…..

Charles ·

Ek stem saam Yankee….Hierdie “afrikaanse ” vertalings van alles maak my regtig siek…Dit is Mexico, soos jy se. KATAR pleks van Qatar, KOEWEIT pleks van Kuweit, Saoedi pleks van Saudi…….en so kan mens aangaan….tragies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.