Formule Een: Lewis maak geskiedenis, spesiale mylpaal vir Max

Lewis Hamilton en Max Verstappen gesels na Saterdag se kwalifiseringsrondtes. (Foto: Emilio Morenatti/POOL/AFP)

Lewis Hamilton sal Sondag in die Spaanse Grand Prix eerste wegspring en het sodoende Formule Een-geskiedenis gemaak.

Die wêreldkampioen het Saterdag vir die 100ste keer sy plek in die voorste wegspringposisie in die Grand Prix bespreek. Hy het in 2007 die eerste keer in die voorste wegspringposisie weggetrek by die Kanadese GP.

Hamilton (Mercedes) het ook verlede naweek sy 97ste loopbaansege behaal by die Portugese Formule Een-Grand Prix.

Max Verstappen (Red Bull) sal Sondag in die tweede plek wegspring nadat sy beste rondte tydens Saterdag se kwalifisering net 0,036 sekondes stadiger was as Hamilton se vinnigste rondte om die baan. Verstappen vier ook Sondag ʼn mylpaal – sy 100ste ren vir Red Bull.

Valtteri Bottas (Mercedes) en Charles Leclerc vir Ferrari sal derde en vierde wegspring.

Só lyk Sondag se wegspringrooster:

  1. Lewis Hamilton (Mercedes)
  2. Max Verstappen (Red Bull)
  3. Valtteri Bottas (Mercedes)
  4. Charles Leclerc (Ferrari)
  5. Esteban Ocon (Alpine)
  6. Carlos Sainz (Ferrari)
  7. Daniel Ricciardo (McLaren)
  8. Sergio Perez (Red Bull)
  9. Lando Norris (McLaren)
  10. Fernando Alonso (Alpine)
  11. Lance Stroll (Aston Martin)
  12. Pierre Gasly (AlphaTauri)
  13. Sebastian Vettel (Aston Martin)
  14. Antonio Giovinazzi (Alfa Romeo)
  15. George Russell (Williams)
  16. Yuki Tsunoda (AlphaTauri)
  17. Kimi Räikkönen (Alfa Romeo)
  18. Mick Schumacher (Haas)
  19. Nicholas Latifi (Williams)
  20. Nikita Mazepin (Haas)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.