Formule Een: Mercedes gee Ferrari pak op hulle tuisbaan

Lewis Hamilton. Foto: AP Photo/Andre Penner

Die Italiaanse Formule Een Grand Prix (die veertiende van die seisoen) is Sondag (2 September) op Monza gejaag. Alle oë was op die twee voorste renjaers in die kampioenskapsreeks, Lewis Hamilton (Mercedes) en Sebastian Vettel (Ferrari).

Die wedren is deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen met Kimi Raikkonen (Ferrari) tweede en Valtteri Bottas (Mercedes) derde. Sebastian Vettel (Ferrari) was vierde en Max Verstappen (Red Bull) vyfde.

Ferrari het uitstekend in die kwalifiseringsrondes gevaar en die eerste twee plekke op die wegspringrooster ingeneem. Dit was Ferrari se eerste wegspringposisie in agt jaar op hul tuisbaan en dit was slegs die tweede keer in tien jaar dat Raikkonen eerste kon wegspring. Raikkonen het in dié proses ook die vinnigste ronde ooit op Monza afgelê.

1 Kimi Raikkonen (Ferrari) 01:19.119

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 01:19.280

3 Lewis Hamilton (Mercedes) 01:19.294

4 Valtteri Bottas (Mercedes) 01:19.656

5 Max Verstappen (Red Bull) 01:20.333

6 Romain Grosjean (Haas) 01:20.936

7 Carlos Sainz Jr. (Renault) 01:21.041

Met die wegtrek het sake glad verloop tot in draai vier toe Vettel en Hamilton kontak met mekaar gemaak het en Vettel getol het. Dit het Hamilton (Mercedes) in die tweede plek gelaat agter die voorloper Raikkonen (Ferrari) met Max Verstappen (Red Bull) derde. Vettel (Ferrari) was in die agtiende posisie en moes ook ʼn nuwe voorste drukvlerk en bande ontvang.

Bottas het lank gewag voor hy gaan bande ruil het en dit het Raikkonen teruggehou en aan Hamilton die kans gegun om te gaping te verklein.

Ná die ruiling van bande was Kimi Raikkonen (Ferrari) steeds voor met Lewis Hamilton (Mercedes) in die tweede plek en Max Verstappen (Red Bull) steeds derde. Sebastian Vettel het deur die veld gevleg en het opgeskuif na die sesde plek.

Tydens die 45ste ronde het Hamilton die voortou geneem terwyl sy spanmaat Valtteri Bottas opgeskuif het na die derde plek nadat Verstappen ʼn vyf sekonde-straf opgelê is. Dit het ook aan Vettel (Ferrari) ʼn vierde plek gegee.

Die wedren oor 306 km is uiteindelik deur Lewis Hamilton (Mercedes) ná 53 rondes gewen met sy spanmaat Bottas derde.

Op die punteleer is Lewis Hamilton (Mercedes) nou 30 punte voor Sebastian Vettel (Ferrari).

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 256

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 226

3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 164

4 Valtteri Bottas (Mercedes) 159

5 Max Verstappen (Red Bull) 130

6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118

Die volgende wedren word op 16 September in Singapoer gejaag.

Klik hier vir meer info: https://www.formula1.com/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Henk ·

Danksy Vettel se breinfloute en Bottas se hulp om Kimi agter hom te hou kom hamilton wen. Verstappen word met 5 sekondes gepenaliseer maar vir presies dieselfde tipe insident tussen hamilton en vettel word geen aksie geneem nie?

vonnie ·

Henk jy slaan skyper op die kop, Was dit andersom sou Vettel beslis gestraf gewees het. Geen worder Alonso pak sy goed en loop nie.

Leon ·

Geen ooreenkoms tussen Verstappen/Bottas en Hamilton/Vettel nie, Vettel kan nie die druk vat nie en Ferrari het verkeerde besluit geneem, Hulle moes Raikonen “team orders” gegee het om oor te skuif in die wegspring resultaat kon Ferrari 1 en 2 gewees het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.