Formule Een: Red Bull is met mening terug

Daniel Ricciardo van die Red Bull-span (Foto: Formula 1, Twitter)

Die derde wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks is Sondag in China gejaag en Red Bull het al die aandag getrek. Die wedren is deur Red Bull se Daniel Ricciardo gewen met Valterie Bottas (Mercedes) tweede, Kimi Raikkonen (Ferrari) was derde met Lewis Hamilton (Mercedes) vierde en Max Verstappen in die ander Red Bull vyfde.

Sebastian Vettel (Ferrari) kon nie ʼn driekuns van oorwinnings behaal nie en moes tevrede wees met die agtste plek.

Ferrari het die wegspringrooster oorheers. Sebastian Vettel het die 5.4 km-Shanghai-baan met 16 draaie in een minuut, 31,095 sekondes voltooi wat ʼn nuwe baanrekord is. Die tyd het verseker dat hy eerste wegspring.

F1-wegspringrooster (15 April 2018)

Met die wegspring het Vettel (Ferrari) sy voorste posisie behou maar Valterie Bottas (Mercedes) het die tweede plek ingeneem en Max Verstappen (Red Bull) het van vyfde na derde opgeskuif. Die twee jaers wat posies verloor het, was Raikkonen (vierde plek) en Hamilton (vyfde).

Tydens die 22ste ronde het Raikkonen die voortou geneem toe Vettel bande gaan ruil het. Bottas was toe tweede met Vettel derde.

In die ses-en-dertigste ronde het die veiligheidsmotor uitgekom en in daardie stadium was Bottas voor met Vettel tweede en Hamilton derde. Raikkonen (Ferrari) het egter verder teruggesak na die sesde plek. Die twee Red Bull-motors van Daniel Ricciardo en Max Verstappen was vierde en vyfde maar het gou vir Hamilton verbygesteek.

In die 44ste ronde het Verstappen en Vettel beide getol nadat hul motors aanmekaar geraak het en Vettel het teruggesak na die sewende plek.

Kort daarna het Red Bull se Daniel Ricciardo die voortou oorgeneem by Mercedes se Valterie Bottas. Raikkonen (Ferrari) het goed opgeskuif tot in die derde plek en die ander Red Bull motor van Max Verstappen was vierde.

Die wedren is uiteindelik deur Red Bull se Daniel Ricciardo gewen met Valterie Bottas (Mercedes) tweede, Kimi Raikkonen (Ferrari) was derde met Lewis Hamilton (Mercedes) vierde en Max Verstappen in die ander Red Bull vyfde.

Sebastian Vettel (Ferrari) kon nie ʼn driekuns van oorwinnings behaal nie en moes tevrede wees met die agste plek.

Klik hier vir meer inligting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henk ·

So ry Vettel sy spanmaat amper van die baan af met die wegspring en daar kom byt Verstappen hom toe! Maar hoe lank gaan Verstappen toegelaat word om met sy aggressie te ry? Moet daar eers iemand sterf voordat hy oor die vingers getik gaan word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.