Formule Een: Vettel en Hamilton pak mekaar kaalvuis

Lewis Hamilton. Foto: AP Photo/Andre Penner

Die Italiaanse Formule Een Grand Prix (die 14de van die seisoen) word Sondag (2 September) op Monza gejaag. Die wipplankryery oor wie die kampioenskapstitel vir 2018 gaan wen en die felheid van die tweestryd neem weekliks toe.

Die topspanne, Mercedes en Ferrari, laat geen steen onaangeroer om die beste motor vir hul renjaers tot beskikking te stel nie. Dit sluit selfs verdere oefeninge en afronding van die spanne se vermoëns in wanneer die kuipe besoek word vir die ruil van bande.

Op die punteleer is Lewis Hamilton (Mercedes) nou net 17 punte voor Sebastian Vettel (Ferrari). Die eerste deel van die seisoen het Hamilton oorheers, maar in die laaste paar wedrenne het dit duidelik geword dat Vettel nog nie oorgegee het nie.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 231
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 214
3 Kimi Räikkönen (Ferrari) 146
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 144
5 Max Verstappen (Red Bull) 120
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118

Sebastian Vettel van Duitsland by die Baku Formule 1-stadbaan in Azerbaijan. Foto: AP Photo/Luca Bruno

Verlede week is die Belgiese Formule Een Grand Prix (die 13de wedren van die seisoen) op die Spa-Francorchamps-baan gejaag. Sebastian Vettel (Ferrari) het eerste oor die wenstreep gejaag met Lewis Hamilton (Mercedes) tweede en Max Verstappen (Red Bull) derde.

Die oefenrondes vir die Italiaanse Grand Prix-wedren begin Vrydag en die kwalifisering, wat die wegspringrooster sal bepaal, sal Saterdag afgehandel word.

Die Monza-baan is 5,793 km lank en die eerste Grand Prix is in 1950 daar aangebied. Daar is 11 draaie en die wedren word oor 53 rondes beslis. Daar sal ʼn algehele afstand van 306 km afgelê word.

Die wedren se wegtrek is Sondag om 15:10.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mooi man ·

Die Monza baan is hoe lank ?? 5793 km..ons moet genoeg biltong kry want dié gaan ñ lang battle wees …ag lag so bq toe ?

Didi ·

Ek het nou net kom loer… ek dog hulle het mekaar geslaan hahaha.

F1 ·

Toe ek ‘kaalvuis’ lees dog ek ons gaan iets nuuts kry oor die ‘tricks’ relletjie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.