Formule Een: Vettel gaan nie gou vergeet nie

Sebastian Vettel van Duitsland by die Baku Formule 1-stadbaan in Azerbaijan. Foto: AP Photo/Luca Bruno

Tydens die Italiaanse Formule Een Grand Prix (die veertiende van die seisoen) wat op Sondag (2 September) op Monza gejaag was, het Lewis Hamilton en Sebastian Vettel se motors tydens die eerste ronde kontak gemaak en Vettel het getol. Vettel moes ná die insident vanuit die agtiende plek af terugveg.

Die wedren is deur Lewis Hamilton (Mercedes) gewen met Kimi Räikkönen (Ferrari) tweede en Valtteri Bottas (Mercedes) derde. Sebastian Vettel (Ferrari) was vierde en Max Verstappen (Red Bull) het vyfde oor die eindstreep gejaag.

Nou verskuif die aksie na Singapoer (die vyftiende wedren van die seisoen) en op die punteleer is Vettel (Ferrari) ʼn allemintige 30 punte agter Lewis Hamilton (Mercedes).

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 256

2 Sebastian Vettel (Ferrari) 226

3 Kimi Räikkönen (Ferrari) 164

4 Valtteri Bottas (Mercedes) 159

5 Max Verstappen (Red Bull) 130

6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118

Die ander roeringe in die Ferrari-kamp is dat Kimi Räikkönen die span aan die einde van die seisoen gaan verlaat en aanstaande jaar vir Sauber sal jaag. Charles Leclerc vervang vir Räikkönen by Ferrari.

Die Singapoer Grand Prix is ʼn straatren wat in die aand gejaag word. Die baan is 5,065 km lank en tydens die 61 rondes sal die motors 308 km voltooi. Die langste pylvak is net oor die 800 meter lank.

Daar is vanjaar 21 wedrenne op die kalender en daar is selfs sprake dat daar aanstaande jaar 23 wedrenne gejaag kan word.

Die oefenrondes begin Vrydag en die kwalifisering sal Saterdag plaasvind wat ook die wegspringrooster sal bepaal.

Die hoofwedren se wegtrek is Sondag om 14:10 Suid-Afrikaanse tyd.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.