Formule Een: Vettel oorheers in België en Force India maak hul stem dik

Aegieffoto: AP Photo/Luca Bruno

Die Belgiese Formule Een Grand Prix (die dertiende wedren van die seisoen) is Sondag op die Spa-Francorchamps-baan gejaag. Sebastian Vettel (Ferrari) het eerste oor die wenstreep gejaag met Lewis Hamilton (Mercedes) tweede en Max Verstappen (Red Bull) derde.

Die oefenrondes en die kwalifisering is deur reën beïnvloed, wat aan Lewis Hamilton (Mercedes) die voorste wegspringposisie besorg het met Sebastian Vettel (Ferrari) tweede en Force India derde en vierde.

Met die wegspring was daar in die eerste draai ʼn ongeluk tussen die agterste motors, maar dit was nie voordat Sebastian Vettel (Ferrari) die voortou geneem het nie. Die leiermotor was vir ʼn wyle op die baan waarna Vettel sy voorsprong vinnig gerek het. Max Verstappen het gou na die derde plek opgeskuif nadat hy sewende weggespring het. Force India se Sergio Pérez en Esteban Ocon was vierde en vyfde.

Die Spa-Francorchamps-baan is 7,004 km lank. Daar is 19 draaie en die wedren is oor 44 rondes beslis.

Die vorige wedren, die Hongaarse Grand Prix, is deur Lewis Hamilton gewen, met Sebastian Vettel (Ferrari) tweede en Kimi Raikkonen (Ferrari) derde.

Die wedren in België oor 44 rondes is gemaklik deur Vettel gewen. Dit was sy 52ste oorwinning en sy 107de keer op die podium. Hamilton het tweede geëindig. Dit was Lewis Hamilton se 111de Formule Een Grand Prix. Max Verstappen (Red Bull) was derde met Valtteri Bottas (Mercedes) vierde. Force India se Sergio Pérez en Esteban Ocon was vyfde en sesde.

Op die punteleer is Lewis Hamilton (Mercedes) nou net 17 punte voor sy naaste teenstander.

1 Lewis Hamilton (Mercedes) 231
2 Sebastian Vettel (Ferrari) 214
3 Kimi Raikkonen (Ferrari) 146
4 Valtteri Bottas (Mercedes) 144
5 Max Verstappen (Red Bull) 120
6 Daniel Ricciardo (Red Bull) 118

Die volgende wedren is op 2 September op Monza wanneer die Italiaanse Grand Prix afgehandel word.

Kliek hier vir meer info: https://www.formula1.com/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Annakapat ·

Lewis Hamilton ( Ferrari) …whaaat…? Maroela, stel reg asb? Lewis ry n Mercedes!

Landi Slatter ·

Dagsê Annakapat

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Ekke ·

Dis Sergio Perez… nie Simon nie. Die skrywer van hierdie artikel is beslis nie ‘n F1 aanhanger nie..

Tania Heyns ·

Dagsê Ekke

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

koos1 ·

MacLaren kan nogal vliegtuie ook bou!
Bly dat die “halo” vanjaar ingebring was, anders kon die eerste ongeluk tragedies gewees het.
Die Ferrari het nou so ver vevorder dat die Mercedes nou na ‘n “best of the rest” span lyk. Ek wonder of hulle die vermoë gaan hê om terug te veg? Beslis nie in Monza nie, die baan het te veel reguit stroke, en met motors was sowat 70% van die baan 100% krag gebruik, dink ek Mercedes sal oor 3 weke eers weer op peil wees.
Ek moet egter vir Bottas komplienteer. Vanaf 17de tot 4de, maar ek sou hom op die sagte bande laat bly het na die eerste kuipe stop en dan met sowat 15 rondtes oor op die super sagte bande gesit het. Dit sou hom makliker vir Perez kon wegry ry en miskien ook vir Verstappen kon inhaal en wen?
Ek is ook baie bly om te sien dat Force India na ‘n beter span lyk na hulle oorname. Die doen die sport net goed. Als in ag geneem was hierdie een van die opwindenste renne in ‘n lang tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.