Foto’s: Paralimpiese Spele begin in ’n kaleidoskoop van kleur

Suid-Afrika se Paralimpiese span in Tokio. Foto: Charly Triballeau/AFP.

Die opening van die Paralimpiese Spele is vandag met ’n kaleidoskoop van kleur in Tokio gevier. En vir die volgende twee weke sal 4 403 atlete van 162 lande sake op sport se grootste verhoog uitspook.

Suid-Afrika het ’n span van 34 (weer eens vandag getooi in hul vellies van Veldskoen Shoes) na Japan gestuur met die naelloper Charl du Toit en die rolstoel-tennisspeler Kgothatso Montjane wat die vlagdraers was.

“Ek is baie geëerd om ’n vlagdraer saam met Kgothatso te wees. Ek sal hierdie herinneringe vir die res van my lewe koester,” het Du Toit vooraf getwiet.

Vir Mariska Venter is die Spele ’n droom wat ná sewe jaar bewaarheid is.

“My mikpunt is nou om net te gaan en dit te geniet. Ek het meer as ’n jaar gelede ’n toernooi gespeel, dus is my verwagtinge nie baie hoog nie. Ek sien net uit om my hart uit te speel,” het die rolstoel-tennisspeler vroeër vir Maroela Media gesê.

Twee Suid-Afrikaners, Alani Ferreira en Theo Cogill, is reeds môre in aksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.