Fransman te sterk vir Anderson

Frankryk se Gaël Monfils het vir Kevin Anderson in die derde ronde van die Indian Wells-toernooi geklop. Foto: Twitter.

Suid-Afrika se Kevin Anderson het harde bene teen Gaël Monfils in die derde ronde van die Indian Wells-toernooi in Kalifornië gekou.

Die 35-jarige Fransman het die kragmeting met 7-5 en 6-2 gewen en hy sal hierna teen Duitsland se Alexander Zverev te staan kom.

Hoewel Monfils tien dubbelfoute begaan het, het Anderson op sy beurt weer hopeloos te veel ongedwonge foute gemaak om punte as’t ware op ’n skinkbord weg te gee.

Die Suid-Afrikaner kon nog net een van sy sewe kragmetings teen Monfils gewen het.

Dan het Lloyd Harris gister verskeie geleenthede deur sy vingers laat glip om met Noorweë se Casper Ruud af te reken.

Hoewel die jong Kapenaar die eerste stel gewen het, het Ruud uiteindelik die wedstryd met 6-7, 6-4 en 6-4 beklink.

“Dit was ’n baie taai stryd en ek was gelukkig om uiteindelik met die louere weg te stap. Ek het egter ’n paar belangrike punte gewen en dit het gesorg dat ek beter begin speel het,” het Ruud gesê.

“Dit was ’n frustrerende storie, want Lloyd het goed gespeel terwyl ek aanvanklik nie op my beste was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
AW

Daar is altyd n Volgende keur….