Mat Fraser se veldtog om die CrossFit Spele vir die vierde agtereenvolgende jaar te wen, is goed op koers nadat hy gister in Madison die items oorheers het.
Die 29-jarige Amerikaner was eerste in albei items en het 200 punte ingesamel.
Vanjaar se Spele is die grootste in die sport se geskiedenis en atlete van oral in die wêreld was gister in aksie. Die snoeiskêr is egter behoorlik ingelê en die aantal atlete is ná twee items tot 50 verminder.
Suid-Afrika se Jason Smith is tans in die 35ste plek. Hy was elfde in die eerste oefensessie, maar het kwaai in die tweede item teruggesak om 73ste te eindig. Hy het egter die valbyl vrygespring.
Sy landgenoot, Dina Swift, was egter nie so gelukkig nie en het 92ste ná die eerste ronde se oefening geëindig.
- Die toptein ná die eerste dag:
Mans:
- Mat Fraser
- Scott Panchik
- James Newbury
- Ben Smith
- Patrick Vellner
- Noah Olsen
- Samuel Counoyer
- Jacob Heppner
- Travis Mayer
- Logan Collins
Vroue:
- Karissa Pearce
- Annie Thorisdottir
- Tia-Clair Toomey (verdedigende kampioen)
- Kristin Holte
- Brooke Wells
- Haley Adams
- Danielle Brandon
- Amanda Barnhart
- Laura Horvath
- Jamie Greene
- Rich Froning se CrossFit Mayhem Freedom-span is eerste in die spankompetisie.
- Gister se oefeninge:
Ronde 1: Vier rondes van 400 m hardloop, drie keer die tou klim (sonder die gebruik van jou bene) en sewe hurk-rukke (squat snatches).
Ronde 2: 800 m roei, 66 kettlebell jerks, 132 voet op jou hande stap.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dankie vir die update.