Gaan Tyson Fury weer boks?

Tyson Fury (Foto: Tyson Fury, Twitter)

Britse bokser Tyson Fury het weer daarop gesinspeel dat hy sy handskoene gaan ophang, maar dis nie die eerste keer nie.

Die Gypsy King het die WBC-swaargewigtitel behou deur Dillian Whyte met ʼn regter‑opstopper in die sesde ronde planke toe te stuur. Dit is presies wat die 94 000 opgewonde toeskouers gekom het om in die Wembley-stadion in Londen te sien.

Fury het na die geveg gesê hy gaan hou by sy plan om uit te tree. Hy het sy vrou, Paris, na sy derde geveg teen Deontay Wilder in Oktober verlede jaar belowe om uit te tree, maar hy was dit aan sy aanhangers verskuldig om nog een keer in sy geboorteland te boks.

Maar daar is vir seker nog geld om te maak vir al die rolspelers betrokke by Fury se loopbaan. Die UFC-vegter van Kameroen en swaargewigkampioen, Francis Ngannou, was na die geveg in die kryt en Fury het gesê hy het sy oog op ʼn vertoongeveg teen Ngannou.

Volgens Fury wil hy pret hê en natuurlik sal sy kamp daaruit geld wil maak.

Fury het gesê hy gaan die tweede swaargewig ooit wees om soos Rocky Marciano onoorwonne uit te tree. Hy reken hy het reeds elke titel verower wat saak maak.

Daar is wel die versoeking om al die swaargewigtitels op hom te verenig met ʼn geveg teen óf landgenoot Anthony Joshua óf Oleksandr Usyk van Oekraïne wat die WBA-, IBF- en WBO-titels het.

Fury het al voorheen sy uittrede aangekondig, maar dan weer geboks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

De Villiers ·

Soos dit vir my gelyk het is Whyte 6 sekondes vir die ronde verby was uitgeslaan, wat beteken die klok moes hom gered het?

Ek weet nie baie van boks af nie so, miskien kan iemand verduidelik hoekom dit so gebeur het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.