“Geringe verbetering” in Schumacher se toestand

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Michael Schumacher Foto: www.dw.de

Volgens ʼn bron naby aan die F1-legende Michael Schumacher, is daar ʼn “geringe verbetering” in sy toestand nadat hy nege dae gelede in ʼn ski-ongeluk beseer is.

Die bron het op die voorwaarde om anoniem te bly, aan die Duitse sportnuusagentskap, SID, gesê Schumacher toon geringe tekens van vordering en dat sy geliefdes hoopvol is dat hy sal herstel.

Dokters wat Schumacher behandel, het egter gesê hy is steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand. “Sy toestand word gedurig gemonitor terwyl hy mediese behandeling ontvang,” het ʼn woordvoerder van die Universiteitshospitaal in Grenoble gesê. Die span wat hom behandel wou nie verder oor sy toestand uitbrei nie, om sy reg tot privaatheid te beskerm.

Schumacher is 29 Desember in die hospitaal opgeneem nadat hy sy kop teen ʼn klip gestamp het terwyl hy in die Franse Alpe geski het. Schumacher word by die hospitaal met medikasie onder verdowing gehou.

Lees ook:
Franse speurders soek Schumi-video
Schumacher-ongeluk word ondersoek
Michael Schumacher steeds kritiek
Michael Schumacher se toestand versleg
Michael Schumacher erg beseer in ski-ongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.