G’n keer aan Proteas in Windhoek

Die Proteas se afrigterspan is in hul noppies met die span se vertoning. Foto: Twitter.

Die Proteas-netbalspan is tans ’n wegholtrein in Windhoek en dit lyk nie of hulle sommer gestuit sal word nie.

Die Suid-Afrikaners het gister nóg ’n tree in die rigting van hul sesde Afrika‑titel gegee toe hulle Uganda met 57 – 37 getroef het.

“Ons het geweet dat dit ’n fisieke wedstryd teen Uganda sou wees en ons was gereed daarvoor. Dit is altyd taai om teen ’n Afrika-land te speel en ons kan nie bekostig om enige span te onderskat nie,” het Dorette Badenhorst (afrigter) gesê.

Suid-Afrika is tans onoorwonne ná sewe wedstryde en hulle het reeds 498 doele aangeteken en slegs 207 afgestaan.

Hulle speel vandag om 09:00 teen Namibië.

Uitslae:

78 – 27 teen Zimbabwe

67 – 25 teen Kenia

79 – 22 teen Tanzanië

56 – 39 teen Malawi

85 – 24 teen Botswana

76 – 33 teen Zambië

57 – 37 teen Uganda

Punteleer:

  1. Suid-Afrika 14 punte
  2. Uganda 12 punte
  3. Malawi 12 punte
  4. Namibië 8 punte
  5. Zimbabwe 8 punte
  6. Zambië 4 punte
  7. Kenia 4 punte
  8. Botswana 4 punte
  9. Tanzanië geen punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

mooi, knap gedaan dames, sterkte vorentoe, mag jul van krag tot krag gaan.

Chantel ·

Mooi, maar hierdie beteken vir my niks nie. Dis soos om vir die rugbyspan te sê hulle moet teen Afrika deelneem. Ware toets is teen spanne soortgelyk aan jou of beter. SLEGS my opinie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.