Die Protea-netbalspan is vroeg volgende jaar saam met Nieu-Seeland, Australië en Engeland in ’n vierhoekige reeks in Londen gewikkel.
Die Suid-Afrikaners het weliswaar laaste in die vorige toernooi in 2019 geëindig, maar hulle het goeie vertonings teen die Rose en Kiwi’s gelewer.
“Ons is baie opgewonde om die vierhoekige reeks te bevestig – dit is immers een van die gewildste toernooie op die internasionale netbalkalender,” het Fran Connolly, uitvoerende hoof van England Netball, gesê.
Die Proteas het verlede week, sonder van hul grootste sterre, die Afrika-netbalbeker op ’n drafstap gewen.
Bongi Msomi se span het uiteindelik 563 doele in die agt wedstryde aangeteken en slegs 246 doele afgestaan.
Dit was egter nie altyd eenrigtingverkeer nie en die Suid-Afrikaners het ook teen sterker netballande soos Malawi en Uganda te staan gekom.
“Die toernooi het my die perfekte geleentheid gebied om nuwe kombinasies uit te toets en meer spelers internasionale blootstelling te gee; ons kan nie bekostig om van net ’n paar kombinasies op die baan afhanklik te wees nie,” het Dorette Badenhorst (afrigter) gesê.
Bepalings:
15 Januarie 2022: Engeland teen Suid-Afrika; Nieu-Seeland teen Australië
16 Januarie 2022: Australië teen Suid-Afrika; Engeland teen Nieu-Seeland
18 Januarie 2022: Suid-Afrika teen Nieu-Seeland; Engeland teen Australië
19 Januarie 2022: Uitspeelwedstryde
???? ???????????????????????????????????????????????? ????
The Netball Quad Series is BACK and will see the Vitality Roses host the Australian Diamonds, New Zealand Silver Ferns and South Africa’s SPAR Proteas in London in January 2022. ????
????????????????????????????????????????????????????
???? https://t.co/w3tNMtMxOe#SPARProteas #WeAreAllIn pic.twitter.com/B9Cg7ZHsga
— Netball South Africa (@Netball_SA) November 23, 2021