Guinness Wêreldrekord vir 87-jarige ysterman

Hiromu Inada. Foto: Twitter.

Op 13 Oktober 2018 het Hiromu Inada die Ironman Wêreldkampioenskap in Hawaii in ’n tyd van 16:53:49 voltooi.

Ja, dit is amper nege uur stadiger as die uiteindelike wenner, Patrick Lange, se tyd. Maar Lange was toe 32 jaar oud en op die kruin van sy loopbaan; Inada het in dieselfde jaar sy 85ste verjaardag gevier.

Inada, nou 87 jaar oud, se uitsonderlike prestasie is pas met ’n Guinness Wêreldrekord bekroon: Hy is amptelik die oudste persoon om die 3,8 km se swem, 180 km se fietsry en die 42 km se draf suksesvol te voltooi.

“Ek dink ek kon net destyds die kompetisie voltooi omdat ek soveel ondersteuning van reg oor die wêreld geniet. Daardie Wêreldkampioenskap was ongelooflik taai vir ’n ou man soos ek. Maar ek wil myself uitdaag en kyk vir hoe lank ek kan deelneem,” het hy gesê.

“Die Ironman is die perfekte resies vir senior burgers. Dit gaan oor uithouvermoë; tot die bitter einde. Ek maak van dieselfde oefenprogram as jonger atlete gebruik, maar dit neem my net twee keer so lank – ek beskik nie meer oor die nodige plofkrag nie!”

“Ek hoop dat mense aangespoor word om sportief, fiks en gesond te bly, selfs al word hulle ouer.

Volgens sy afrigter, Kiyomi Niwata, begin Inada se aandag nou na die volgende afdeling geskryf: Die kategorie vir deelnemers ouer as 90 jaar!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Juls ·

Moenie sy tyd vergelyk met die wenner nie, vergelyk sy tyd met die “average athlete” dis ‘n baie goeie tyd vir daardie afstand! Ek het verlede jaar my eerste ysterman op 35 jarige ouderdom in 14h50min voltooi. Die wenners is “superhuman”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.