Hamilton bring hulde aan George Floyd

Sebastian Vettel (links) en Lewis Hamilton. (Foto: Mark Thompson/Pool via AP)

Presies ’n jaar ná sy dood het Lewis Hamilton hulde aan George Floyd gebring.

Die F1-wêreldkampioen het vroeër die week op sosiale media gesê dat Floyd se nalatenskap vir ewig sal duur en dat hy sal voortgaan om hom vir gelykheid te beywer.

“Vandag treur ons oor George en ons hou sy geliefdes in ons gebede,” het Hamilton Dinsdag geskryf.

Hy het voortgegaan deur te vra hoe ware geregtigheid vir Floyd kan geskied en hy het sommer self sy eie vraag beantwoord.

“Deur nooit te vergeet nie en aan te hou werk. Ons glo in ’n wêreld waar kinders – soos George s’n – hulle nie daaroor hoef te bekommer of hul pa snags huis toe sal kom nie. Waar elke swart mens in die straat kan loop met die oortuiging dat hierdie wêreld vir hom of haar gemaak is.

“Rus in vrede, George Floyd. Jou tyd hier op aarde is heeltemal te kort geknip, maar jou nalatenskap sal vir ewig duur.”

Die 36-jarige Mercedes-renjaer is ’n uitgesproke ondersteuner van die Black Lives Matter-beweging en hy het ook vroeër die skuldigbevinding van oudpolisieman Derek Chauvin, die man wat tereggestaan het vir Floyd se dood, verwelkom.

“Dit is die eerste keer dat ’n wit polisiebeampte skuldig bevind word aan die moord op ’n swart man in Minnesota. Dit is ’n baie groot oomblik; George se dood was nie tevergeefs nie.”

Agter die stuur van sy renmotor het hy egter die afgelope naweek die eerste plek op die punteleer aan Max Verstappen afgestaan toe die Red Bull-renjaer in Monaco gewen het.

Die oudrenjaer Jan Lammers het agterna na Hamilton gekap en hom van ’n onsportiewe houding beskuldig.

“Wanneer dit goed gaan, bedank Lewis almal vir hul harde werk, maar ek dink hy kon nou eintlik vir almal om verskoning gevra het. Hy meen dat hy as renjaer niks verkeerd gedoen het nie, maar dat die span vir die swak vertoning verantwoordelik is. Dit werk nie so nie – jy wen saam met jou span en jy verloor saam met jou span,” het Lammers gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

MakersMark ·

Ek het mos voorspel daar sal weer knie gebuig word na die Monaco loesing wat hy gekry het.

Pieter ·

Die karakter moet F1 los en maar eerder saam sy mense gaan optog, want sy F1 loopbaan maak alles wat mooi was sleg. Sy gesig maak ook dat jy niks wil kyk meer nie en selfs lees nie, want as n ‘rassis’ wat in sy bloed hardloop kan ek dit nie support nie. Daar is daagliks baie ander rase wat met dieselfde deurgaan, en die saak is niks spiciaal nie. Van die ander manne soos Boere het wel iets vir hulle familie beteken en vir die sameleweing.

Snowball ·

Hail to the criminal!
Hoe siek het die wêreld geword? Kom kyk hoe lyk ‘n land waar die kriminele (in parlement en op straat) meer regte het as die wetgehoorsames. Jy sal nie hier wil bly nie al is jy al die kleure van die reënboog. Dink liewers aan al die kinders wie se pa’s nie huis toe gekom het nie, want hulle is vermoor deur kriminele….

SomeOne ·

lewies, kom bly by my “gratis” hier in die hart van suid afrika, ek nooi jou met vreugde uit, gratis , mahhala , simahla , kostenlos , libre , gratuito

Sambok ·

Tipies,noot sy fout nie-en so ook reg oor die wereld,altyd iemand anders se skuld

koos10 ·

Lewis, so, mag net swart mense vrylik op die strate loop???? Waar plaas dit die res van die bevolking?
Jy is besig om van jouself ‘n nar te maak, en sommer die sport (waarvan die meerste geld van wit mense af kom) te vervreem.
Vat jou miljoene ponde en gaan bou jou eie land, dan kan jy mos maar doen wat jy wil daar. Hier in ons land word mense daagliks vermoor, en die meerderheid moordenaars is swart, so kom verduidelik jou som asb?

MakersMark ·

Was ‘n groot ondersteuner van MB. Diens nou so vrot asook die tipe snert sal hul produkte nie weer oorweeg.

Michael ·

Sy ondersteuening en hulde aan ‘n geharde misdadiger ontbloot bloot wie hy eintlik self is. Ons leef in ‘n wereld waar onreg gevier word en geregtigheid verwerp word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.