Hamilton dalk in die sop oor T-hemp

Lewis Hamilton. (Jennifer Lorenzini, Pool via AP)

Die Mercedes-renjaer Lewis Hamilton se optrede gedurende die afgelope Sondag se Grand Prix in Italië kan deur FIA, F1 se beheerliggaam, ondersoek word.

Hamilton het ’n omstrede T-hemp met die woorde “Arrest the cops who killed Breonna Taylor” daarop gedra. Hy het ook ’n onderhoud met die woorde “geregtigheid vir Breonna” afgesluit.

Die 26-jarige Taylor is in Maart deur polisielede geskiet nadat hulle gedurende ’n dwelmklopjag op haar huis in Louisville, Kentucky, toegeslaan het.

Polisie het destyds vermoed dat Taylor, ’n mediese noodtegnikus, se huis as ʼn dwelmverspreidingspunt deur ’n bende gebruik is. Een van die verdagtes was Taylor se voormalige kêrel.

Hoewel FIA nog nie amptelik met enige stappe begin het nie, berig die BBC dat ’n ondersoek ’n definitiewe moontlikheid is.

Volgens berigte kan beraadslag word of Hamilton met die dra van die hemp enige reëls rakende polities-gemotiveerde uitsprake of gebare gedurende F1-geleenthede oortree het.

Die Britse renjaer het die hemp voor die aanvang van die wedren gedra toe hy die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig het, sowel as toe hy sy trofee op die podium in ontvangs geneem het.

“Dit het ’n hele ruk geneem om die hemp in die hande te kry. Ek wou dit dra om ander bewus te maak van die feit dat mense op straat geskiet word, terwyl iemand ook in haar eie huis doodgeskiet is,” het Hamilton gesê.

Naomi Osaka, die Amerikaanse Ope-tenniskampioen, het ook gedurende die toernooi in New York ’n gesigmasker met Taylor se naam daarop gedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Pieter ·

DIe klomp is almal mal. Is tyd dat ons ook begin hemde dra met elke boer wat vermoor is en maan op geregtigheid, maar die lam goed soos die anc en rassiste van eff – sal dink is n herdenking. ALM- All Lives Matter!!!

Niklaas ·

Die ou spulletjie gaan nou totaal oorboord. Lyk asof hul dit vreeslik geniet

Patch ·

Het nog nooit veel van Hamilton gehou nie. Nog altyd arrogant!! Nou kan ek hom nie meer verdra nie!

MakersMark ·

Baie te sê oor rasse kwessies dalk moet hy gaan navorsing doen oor sy motor borg en vervaardiger se rol in WW2. Dalk moet hy as hy getrou wil bly aan sy “roots” begin deelneem aan donkieresies.

Suzette ·

Ag werklik!! Al wat in my gedagtes opkom is daardie bruin hopie wat soos ‘n draairoomys lyk, maar dit is nie…….

Poertjie ·

Dit is tyd dat ons begin T hemde maak met gepaste woorde wat ons uitspreek teen sportsterre en vervaardigers wat by politiek betrokke raak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.