Hamilton gaan nie Belgiese GP boikot

Sebastian Vettel (links) en Lewis Hamilton. (Foto: Mark Thompson/Pool via AP)

Lewis Hamilton, die F1-wêreldkampioen, sal nie Sondag se Belgiese GP op Spa-Francorchamps misloop nie.

Talle ontleders het verwag dat die 35-jarige Brit hom sal onttrek om teen rasseongelykheid en -diskriminasie protes te lewer.

Dít volg nadat sport in Amerika tot stilstand geruk is ná Jacob Blake, ’n swart man, deur polisie in die staat van Wisconsin geskiet is.

Die uitgesproke Hamilton is ’n groot voorstander van die Black Lives Matter-beweging, maar hy het aangedui dat sy afwesigheid in België nie juis ’n invloed op die situasie in die VSA sal hê nie.

“So baie mense staan saam met die spelers in ’n poging om verandering te bewerkstellig. Dit is hartseer dat so iets nodig is om ’n reaksie daar te ontlok,” het Hamilton gesê nadat verskeie sportwedstryde in die VSA die afgelope week afgelas is.

“Maar dit is in Amerika en ek is onseker of my optrede hier enigsins ’n invloed daar sal hê. Ons is in België en nie in die VSA nie.”

Volgens Hamilton is hy trots op die Amerikaanse sportlui wat hul stem teen rasseongelykhede dik maak.

“Ek sal met die F1-base gesels om te kyk wat ons nog kan doen om mense van die situasie bewus te maak.”

Die Engelsman is F1 se eerste swart wêreldkampioen, terwyl hy saam met Mercedes onder meer in swart renmotors jaag in ’n poging om rassisme te beveg.

Hy is goed op koers om Michael Schumacher se rekord van sewe wêreldkampioentitels te ewenaar, terwyl hy vroeër ook die sport “wat deur wit mense oorheers word” en van sy medebestuurders gekap het ná die dood van George Floyd in Amerika.

“Dit is ongelooflik belangrik dat ons hierdie geleentheid aangryp en dit gebruik om onsself op te voed om betekenisvolle veranderinge aan te bring – veral as dit by gelykheid en inklusiwiteit kom,” het hy destyds gesê.

Hy het ook F1-legendes soos sir Jackie Stewart en Mario Andretti as onkundig bestempel weens hul gebrekkige steun vir sy veldtog teen rassisme.

Hoewel hy gereeld die knie ter ondersteuning van die BLM-beweging buig, is daar ’n paar renjaers wat staande gebly het, onder wie Ferrari se Charles Leclerc.

“Ek wil nie die knie buig nie omdat baie van die wêreldwye protesoptogte met geweld gepaardgaan. Ek keur dit nie goed nie. Verder hou ek ook nie daarvan dat politici hierdie beweging vir hul eie gewin inspan nie,” het Leclerc gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Moedeloos ·

Lewis hou jou eerder by jou sport en los politiek uit, Dit is juis mense soos jy wat aanmekaar hammer oor dieselfde ding wat alles vererger. Hoekom moet jy met F1 base praat oor die situasie. Los die mense uit daar is baie meer mense daar buite wat teen rassisme is maar deur optrede soos hierdie van jou laat mens grom.

Kosie ·

Bly weg niemand gaan jou mis nie, jy sal almal n guns doen,

twaalfboor ·

Nou toe nou!!!!! Wil jy nou meer??? Hamilton….. nou is die wedren gelde meer werd as jou patetiese BLM beweging. Jy soek net aandag, dis maar al. Klein mannetjie sindroom.

capie ·

Mercedes Benz sal baie vinnig ‘n ander deuntjie sing as die Amerikaanse publiek begin om hul karre te boikot

koos10 ·

Amerika is beslis nie hulle grootste mark nie. Europa en China is.

koos10 ·

Lewis, hoeveel wit mense is die afgelope 2 maande deur swart mense gedood? Kry die getalle van wit en swart en gaan doen die wiskunde en kry die persentasies. Miskien sal jy dan besef dat almal geraak word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.