Hamilton gaan nie titel so maklik prysgee

Lewis Hamilton het in Brasilië gewen. Foto: Twitter.

Lewis Hamilton het gister in São Paulo gewys dat hy nie sommer net sal terugstaan en hensop in sy titelgeveg met Max Verstappen nie.

Of jy nou van die Mercedes-renjaer hou of nie, hy het uitstekend terugbaklei om die Brasiliaanse Grand Prix te wen nadat hy tiende op die wegspringrooster was. Toegegee, Valtteri Bottas het dinge vir hom makliker gemaak toe hy spanbevele gehoorsaam het en vir die verdedigende wêreldkampioen opsygeskuif het.

Maar dit is waarvoor ’n mens spanmaats het, nie waar nie?

Verstappen was die tweede vinnigste agter die stuur van sy Red Bull, maar sy voorsprong op die jaerspunteleer het nou na 14 punte gekrimp.

“Ek het my beste gegee en hierdie is ongetwyfeld een van die prestasies waarop ek die trotsste in my F1-loopbaan is,” het Hamilton ná die afloop van die wedren gesê.

Natuurlik was daar ook weer drama op die renbaan toe Verstappen in die 48ste ronde alles in sy vermoë gedoen het om Hamilton se aanslag af te weer.

Die Red Bull-renjaer het sy aartsvyand van die baan gedruk, maar wedrenbeamptes het bevind dat sy maneuver geen straf regverdig nie.

Toto Wolff (Mercedes-spanbaas) was egter minder in sy noppies met Verstappen se verdedigingstaktiek en hy het sy mond behoorlik uitgespoel.

“Ons het hierdie naweek baie klappe in die gesig gekry met besluite wat teen ons getel het. Dit is iets waaroor ek baie kwaad is en ek sal altyd my span en bestuurders verdedig. Ek was vantevore altyd baie diplomaties gewees, maar dit stop vandag,” het Wolff gesê.

Dit is hierdie naweek tyd vir die Katar Grand Prix en F1-geesdriftiges kan Sondag van 16:00 die aksie op SuperSport volg.

Uitslae:

  1. Lewis Hamilton (Mercedes)
  2. Max Verstappen (Red Bull)
  3. Valtteri Bottas (Mercedes)
  4. Sergio Perez (Red Bull)
  5. Charles Leclerc (Ferrari)
  6. Carlos Sainz (Ferrari)
  7. Pierre Gasly (AlphaTauri)
  8. Esteban Ocon (Alpine)
  9. Fernando Alonso (Alpine)
  10. Lando Norris (McLaren)

Jaerspunteleer:

  1. Max Verstappen 332,5 punte
  2. Lewis Hamilton 318,5 punte
  3. Valtteri Bottas 203 punte
  4. Sergio Perez 178 punte
  5. Lando Norris 151 punte
  6. Charles Leclerc 148 punte
  7. Carlos Sainz 139,5 punte
  8. Daniel Ricciardo 105 punte
  9. Pierre Gasly 92 punte
  10. Fernando Alonso 62 punte

Vervaardigerspunteleer:

  1. Mercedes 521,5 punte
  2. Red Bull 510 punte
  3. Ferrari 287,5 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
TRP

Hamilton se arrogansie irriteer my al vir jare!

Sas

ou BLM-Hamilton is nou maar eenmaal ‘n arrogante klein katatertjie. Sy hare en sy oorbelle en sy tatoos lyk belaglik. Dis tyd dat hy ‘n les geleer moet word. Sy tyd is verby en Toto is net so irriterend. Ek hoop net Max maak dit hierdie jaar vir die kampioenskap want hy verdien dit.

Jackie

Wat se twak is dit dat piet nie aan gespreek msg word nie

Jackie

Disusted met maroela.

Frans

Dit baie duidelik dat Mercedes Benz nie omgee om die toegelate enjinvervangings te oorskry nie en omdat die uitset van ‘n nuwe enjin en vlerk ontwerp hul tot 30 km op die peilvlak vinniger gemaak het kan hul die ‘grid penalties’ oorkom. Persoonlik sou ek reken omdat ‘n F1 enjin gewoonlik tot 7500 km hou teenoor Mercedes tans 2500 behoort die ‘grid penalties’ veel hoër te wees want wat Mercedes tans doen is niks meer as boereveneukery en dit maak Hamilton nie ‘n beter bestuurder nie. Dit is duidelik dat Mercedes Benz die vermoë het om ander spanne finansieël uit… Lees meer »