Hamilton het sy oog op Abu Dhabi

Lewis Hamilton. (Foto: Bryn Lennon, Pool via AP)

Mercedes se Lewis Hamilton sê hy probeer sy bes om fiks genoeg te word om vanjaar weer vir oulaas agter die stuur van sy Mercedes-renmotor te klim.

Die 35-jarige Brit het verlede week se Grand Prix in Bahrein misgeloop nadat hy positief vir Covid-19 getoets het. Hy was vir die afgelope paar dae in selfisolasie.

Hy het egter ’n video op sosiale media geplaas waarin hy sy ondersteuners vir hul ondersteuning bedank, terwyl hy ook sê dat hy op die herstelpad is.

“Dit was een van die taaiste weke ooit. Ek konsentreer uitsluitlik op my herstelproses terwyl ek probeer om fiks genoeg te word om weer agter die stuur van die motor te klim,” het Hamilton gesê.

Die F1-wêreldkampioen beoog om weer in aksie by die jaar se laaste wedren in Abu Dhabi te wees.

“Ek het baie beter gevoel toe ek vanoggend wakker word en ek het my eerste oefensessie agter die blad. Ek hoop om gou weer agter die stuur te wees.”

Die onbesonge George Russell wat in Hamilton se plek vir Mercedes gejaag het, was op pad om Sondag in Bahrein sy eerste oorwinning te behaal en ook sy eerste punt in 37 renne aan te teken, toe die noodlot hom getref het.

Russell, wat voor was en soos ʼn veteraan bestuur het, se sprokiesverhaal is deur ʼn onvergeeflike fout deur die Mercedes-renspan gekelder wat sy motor tydens ʼn kuipestop met verskillende bande toegerus het.

Hy het uiteindelik in die negende plek geëindig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stefaan

Dit sou maar sleg gelyk het as Russel die Grand Prix gewen het. Baie vrae en min antwoorde.

Stefan

Sit die siekte nou maar rustig uit, moenie haastig raak nie.
Kan ons nog ‘n keer van Russell geniet, lanklaas so’n interresante wedren gehad.
Of is jy bang dat Russell verder bewys dat dit toe al die tyd duidelik die kar was en nie jy wat so goed is nie.

Boer

Ek dink hulle weet nou dit is nie Hamliton wat goed is nie dit is alles wat in sy kar gesit is wat hom laat goed lyk. So dit is die kar nie die bestuurder nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!