Hamilton jaag vinnigste rondte ooit

Lewis Hamilton in aksie in Italië. (Miguel Medina/Pool via AP)

Lewis Hamilton mag dalk ’n omstrede figuur wees: Hy het al koppe met F1-legendes soos sir Jackie Stewart oor politieke kwessies gestamp, terwyl hy vir sommige motorsport-liefhebbers dalk net ’n tikkie té arrogant is.

Maar hy is tans besig om die F1-rekordboeke te herskryf. Hy het gister op die Monza-renbaan in Italië moontlik die vinnigste rondte ooit in die geskiedenis van die sport gejaag.

Hy het ’n kwalifiserende rondte in ’n tyd van 1:18.887 minute teen ’n verstommende snelheid van 262,8 km/h afgeblits.

Die vorige rekord van 262,05 km/h is deur Finland se Kimi Raikkonen in sy Ferrari-dae op die einste baan opgestel.

“Ja, dit was nie te sleg nie,” het Hamilton ná die tyd gesê.

Sy Mercedes-spanmaat, Valtteri Bottas, het die tweede vinnigste tyd opgestel; ’n prestasie wat net weer eens die Duitse motorvervaardiger se oorheersing van die sport beklemtoon.

Terselfdertyd is dit die eerste keer sedert 1984 dat Ferrari nie onder die top-10-wegspringplekke in Italië is nie. Die verdedigende kampioen Charles Leclerc sal vanmiddag 13de wegspring, terwyl Sebastian Vettel sy enjin in die 17de plek sal moet warm hou.

Vanmiddag se F1-aksie begin om 15:10. Hou dop vir Pieter Kruger se verslag oor die aksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kokerboom ·

Die kniebuigende BLM voorsanger is goed maar die F1 raak nou te afgesaag en te voorspelbaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.