Hamilton kap F1-legendes oor ‘onkunde’

Sebastian Vettel (links) en Lewis Hamilton voor die wedren. (Foto: Mark Thompson/Pool via AP)

Die huidige wêreldkampioen Lewis Hamilton is weer eens in die media nadat hy onder meer vir F1-legendes soos sir Jackie Stewart en Mario Andretti as onkundig bestempel het weens hul gebrekkige steun vir sy veldtog teen rassisme.

Die 35-jarige Hamilton – wat al hoe nader aan Michael Schumacher se rekord vir die suksesvolste F1-renjaer in die geskiedenis van die sport kruip – is uitgesproke oor die Black Lives Matter-beweging, terwyl hy vir meer gelykheid en inklusiwiteit in die sport vra.

In die afgelope paar wedrenne het sommige renjaers die knie gebuig, terwyl ander dit nie gedoen het nie. Dié toedrag van sake het Hamilton genoop om te eis dat F1-base meer moet doen om die boodskap doeltreffend oor te dra.

Hierop het die 80-jarige Andretti gereageer en gesê dat Hamilton daarteen moet waak om nie militant in sy optredes te word nie.

“Ek het baie respek vir Lewis, maar is dit nodig om militant te word? Hy is nog altyd aanvaar en het almal se respek verdien,” het Andretti, wat in 1978 die wêreldkampioen was, gesê.

“Ek voel dat alles ’n bietjie pretensieus is en dat dit ’n probleem skep wat nie bestaan nie.”

Hamilton het onmiddellik teruggekap en gesê dat Andretti onkundig is.

“Dit is teleurstellend, maar ongelukkig die werklikheid. Van die ouer generasies wat vandag steeds ’n stem in die sport het, kan net nie erken dat daar ’n probleem is nie. Hierdie doodeenvoudige onkunde sal my nie keer om op verandering aan te dring nie,” het Hamilton gesê.

Sir Jackie Stewart. Foto: Facebook.

Dan het die legendariese Skotse renjaer sir Jackie Stewart gesê dat daar nie soveel weerstand gebied word as wat Hamilton dink nie.

“Hy is taamlik uitgesproke oor hierdie dinge, tog dink ek daar is nie só ’n groot probleem nie. Niemand sal teenstand bied as iemand slim is en goed is met wat hulle doen nie; jy sal in F1-kringe aanvaar word,” het die driedubbele wêreldkampioen gesê.

Nodeloos om te sê was Hamilton ook teleurgesteld met Stewart se kommentaar.

Die Britse ster het verder gekla dat daar nie genoeg tyd vir renjaers was om die knie voor die afgelope naweek se wedren in Boedapest te buig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Indien dit oor rassisme in die algemeen gegaan het, behoort dit ALM te wees en sou mense maklik daarby ingekoop het. Ongelukkig gaan dit net oor BLM met ‘n duidelike swartmag ondertoon, dus verwerp ek dit met die minagting wat dit verdien.

Chris ·

Ek wonder die die knaap se kar se wiele omruil as hy in die kuipe injaag? Plaas dat hy uitklim en self doen.

Stefan ·

As jy nie met hom samstem nie is jy ‘n rassis en boonop onkundig.
Hy het hom ook al baie uitgesproke beywer vir ‘n groener leefstyl terwyl hyself in privaat stralers rondrits.
Sy fans is ook baie belangryk behalwe as daar ‘n formule 1 vertoon in Londen se strate is, dan kyk hy liewer ‘n sokker wedstryd.
Klink maar redelik hypokrieies.

koos10 ·

Stefan, my eerste gedagte ook. Klink dit nie bekend nie?
Ek is(was?) ‘n groot Merc en F1 ondersteuner. Jammer dat die hele sport oor BLM gaan.
Lewis Hamilton, if you want to get involved in politics, go into politics, do not use sports to get to your goal. You will fit nicely in SA.

Poertjie ·

Jammer dat Hamilton so min respek toon aan legendes. Hy is arrogant en onnosel om politiek in sport te betrek. Net jammer dat Mercedes hulle aan die neus laat lei. Hoop hulle verkope gaan daaronder ly

Piet ·

Dit neem weg van hoe goeie drywer hy is, maar ongelukkig is dit nodig om hulle onkunde uit te roep. Dit vat baie om heeltyd basiese konsepe soos “moenie rasisties wees nie” uit te klank vir mense en die beste in die wereld te wees in ‘n sport, ek het respek vir dit.

Pieter ·

Ek gaan niks se nie, maar vir my verstommend hoe die swart militante nou uitkom en hulle rassime op ander rasse en groepe af probeer dwing. Ek is saam All Lives Matter en hou dit so, maar my knie buig vir geen ras nie, nie eens vir my ras nie. Aan God alleen.

JJ ·

Stop nou hierdie sinlose debat- julle gooi net vet op die vuur deur belaglike sportsterre verder aan te haal. Kom ons kyk na die feite. Sedert die Floyd onluste begin het, is 22 swart Amerikaners deur betogers vermoor. Meer as 500 miljoen Amerikaanse dollar se skade is aan onskuldige besighede en eiendomme aangerig. Maak dit enige sin? Hoekom praat ons nie ook daaroor nie?

Maroela Burger ·

Lewis het met sy uitlatings baie aanhangers verloor. hy wil seker ook he dat motorsport BEE moet toepas om hom ‘n nog groter kans te gee om soos Steward drie maal wereld kampioen te wees.
Kyk wat het in Suid Afrika gebeur. Toe politieke Leiers begin inmeng in sport, toe val ons gehalte van sport. Ons moes spelers op grond van ras kies in plaas van vaardigheid. Dieselfde het in ander proffesie gebeur. Oral het die gehalte van diens gedaal. Bewys hirvan is by gesondheids dienste, polisieering, Eskom, SAUK, SAL en selfs die ANC regering se besluite en provisieele bestuur se diens lewering.
Laat elkeen sy werk doen waarin hy goed is en vergeet die allewige rasse beleid.
DAAROM VERVANG “BLACK LIVES MATTER” MET “ALL LIVES MATTER” EN ALMAL KAN IN VREDE SAAM LEEF.
Alle persone wat een ras bo ‘n ander stel is rassisties en doen dit omrede hy hom nie self kan help nie en het ander persone nodig om hom te help bewys.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.