Hamilton kry glo ’n gróót salaris

Lewis Hamilton. Foto: Ozan Kose/AFP.

Die Britse renjaer Lewis Hamilton het uiteindelik ’n kontrak met Mercedes onderteken. Hy sal vir nog ’n jaar saam met die span bly.

Die 36-jarige wêreldkampioen het glo met sy vorige kontrak ’n jaarlikse salaris van £40 miljoen (ongeveer R816 miljoen) ontvang. En volgens The Sun sal hy met die hernieude kontrak weer – saam met al sy bonusse – ’n soortgelyke bedrag in die sak steek.

Dit is twee keer meer as wat Max Verstappen by Red Bull ontvang.

“Ek is opgewonde om my negende seisoen saam met my Mercedes-spanmaats aan te pak. Ons het saam al baie wonderlike dinge bereik en ons sal graag op hierdie sukses wil voortbou,” het Hamilton gesê.

Hy het verlede jaar die hoofsweep van die Black Lives Matter-beweging in F1-kringe geword, terwyl hy gereeld swaarde met ander belanghebbendes oor rassisme en diversiteit gekruis het.

“Ek is vasbeslote om ons reis voort te sit om motorsport meer divers vir toekomstige geslagte te maak. Ek is terselfdertyd baie dankbaar dat Merceds my in hierdie verband ondersteun.”

  • F1-renjaers met die grootste jaarlikse salaris volgens The Sun:
  1. Lewis Hamilton (Mercedes): £40 miljoen (ongeveer R816 miljoen)
  2. Max Verstappen (Red Bull): £18,2 miljoen
  3. Charles Leclerc (Ferrari): £10,19 miljoen
  4. Daniel Ricciardo (McLaren): £10,19 miljoen
  5. Carlos Sainz (Ferrari): £7,28 miljoen
  6. Sebastian Vettel (Aston Martin): £7,28 miljoen
  7. Fernando Alonso (Alpine): £6,55 miljoen
  8. Valtteri Bottas (Mercedes): £5,82 miljoen
  9. Sergio Perez (Red Bull): £4,37 miljoen
  10. Kimi Räikkönen (Alfa Romeo): £3,64 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hoekom ·

Dan wil hy kla oor rasisme.

“Black priviledge” is al wat ek gaan sê hieroor…

Anton ·

Daai ander outjie wat hom daai een dag vervang het kry seker net so ‘n miljoen minder :-)

Stefan ·

@Anton, George Russell kry waarskynlik net ‘n miljoen, Mercedes kon hom vir ‘n fraksie in daardie kar gesit het en sou net so maklik gewen het soos hy reeds gewys het as Mercedes nie die pitstops opgefoeter het nie.
Tenminste 10 van die huidige ryers sal net so maklik wen in daardie kar as die ‘ over rated’ hamilton.

Hennie ·

Nog ‘n verdelende swart sport persoonlikheid met sy gebalde vuisie in die lug! En as inwoner van Monaco betaal hy nie belasting in die VK nie… Hy is ook die hoofrede waarom mense nie meer na F1 kyk nie..

Racheltjie Debeer ·

Ja nee, hy is beslis die rede hoekom ons gladnie meer F1 kyk nie! Wat maak hom so spesiaal dat hy 6 keer meer as sy spanmaat verdien? Dan kerm hy oor rassisme en white privilage.

koos10 ·

Dis ‘n klap in die gesig van sy spanmaat Bottas, en sommer alle F1 jaers!
George Russel sou vir ‘n tiende daarvan die sitplek gevat het, en heel moontlik baie goed gedoen het.
Neem net in ag dat sy bonusse en salaris sowat R1 632 000 000.00 sal wees, dan kry hy nog borgskappe en ander “los werkies” as spreker en maak vna televisie programme. So sy jaarlikse inkomste is sowat R2 miljard, of in syfers geskryf R2 000 000 000.00. Om die geld in die bank hê teen 7% rente is sowat R1 166 6666.66 per maand aan rente.
Om te dink dat Mercedes karre verkoop om hierdie bedrag te spandeer aan een (ek moet erken, goeie) bestuurder. Ek dink dit is verregaande!!! Geen wonder dat Lewis maak wat hy wil nie.
Om te dink dat daar spanne is in F1 wat nie jaers kan betaal nie, want hulle het nie die geld nie, en die jaers moet met borge kom om te kan ry. Ek sweer sy “salaris” alleen is die begroting van die kleiner spanne in totaal? Ek is mal oor die Mercedes span, maar kyk met ander oë nou na hulle!

koos10 ·

Skuus een 6 te veel (R1 166 666.66), asof dit ‘n verkil maak?

Andrew ·

As blm kampioen en n persoon wat dieselfde vooregte as wit mense geniet het as kind, sal my vraag wees hoeveel skole in Afrika kan hy nie bou om duisende kinders n moontlike beter toekoms te gee nie. Of is dit n geval van “bl” only “m” wanneer al my duur huise, karre , jet, fietse, jewele fakansies, beleggings eers betaal is. Ek meen hoeveel karre het jy nodig om by die werk , winkel en terug te kom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.