Hamilton lag steeds al die pad bank toe

Lewis Hamilton verdien baie geld. Foto: Twitter.

Max Verstappen gee dalk vir Lewis Hamilton gas op die renbaan, maar die Mercedes-renjaer lag steeds al die pad bank toe. Die 36-jarige verdedigende wêreldkampioen is bo-aan die lys van Forbes se hoogsbetaalde F1-sterre vir 2021.

Sonder enige bonusse verdien Hamilton ’n salaris van $55 miljoen per jaar; $30 miljoen meer as Verstappen se jaarlikse loon van $25 miljoen.

Wanneer bonusse en geprojekteerde bonusse bygereken word, spring Hamilton se inkomste na $62 miljoen per jaar en Verstappen s’n na $42 miljoen.

Volgens Forbes sorg borgskappe vir ’n bykomende $12 miljoen in Hamilton se spaarvarkie, terwyl Verstappen ongeveer $1 miljoen in sy sak steek.

Valtteri Bottas. (Foto: AP Photo/Andy Brownbill)

Die salarisverskille tussen Hamilton en Valtteri Bottas by Mercedes, sowel as Verstappen en Sergio Perez by Red Bull, is ook ooglopend: Hamilton verdien salarisgewys $45 miljoen meer as Bottas ($10 miljoen), terwyl Verstappen $20 miljoen meer as Perez ($5 miljoen) kry.

Maar Hamilton, wat in Monaco woon, se belastingsake was al in die verlede onder die loep. Sy persoonlike rykdom is na raming £250 miljoen (R5,1 miljard) en sommige Britte was krities oor die belastingstatus wat hy in dié Europese land geniet.

The Sun het egter verlede jaar berig dat die Mercedes-renjaer een van die 5 000 top-belastingbetalers in die Verenigde Koninkryk is, terwyl die Daily Mail bevestig het dat ’n regeringskomitee Hamilton se belastingsake die groen lig gegee het.

Op sy beurt het Hamilton ook al na sy kritici gekap.

“Ek is reg oor die wêreld in aksie en verdien my geld in 20 verskillende lande. Ek betaal belasting op verskillende plekke, maar ook in Brittanje,” het hy gesê.

“Ek betaal my belasting en dra by tot die land se ekonomie. Daarbenewens help ek ook dat ’n span van meer as ’n duisend mense ’n werk het.”

Forbes se lys van hoogsbetaalde F1-renjaers

  1. Lewis Hamilton (Mercedes) salaris van $55 miljoen ($62 miljoen saam met bonusse)
  2. Max Verstappen (Red Bull) salaris van $25 miljoen ($42 miljoen saam met bonusse)
  3. Fernando Alonso (Alpine) salaris van $25 miljoen
  4. Sergio Perez (Red Bull) salaris van $5 miljoen ($18 miljoen saam met bonusse)
  5. Sebastian Vettel (Aston Martin) salaris van $15 miljoen
  6. Charles Leclerc (Ferrari) salaris van $12 miljoen
  7. Valtteri Bottas (Mercedes) en Daniel Ricciardo (McLaren) salaris van $10 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eclectus ·

Ou Jan Snuifies draai rottang en al in sy graf om as hy hoor 55 is amper twee keer meer as 25.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.