Hamilton sê geregtigheid het geseëvier met Chauvin-vonnis

Lewis Hamilton voor die afgelope Grand Prix in Italië. Foto: Jennifer Lorenzini/AFP.

Die F1-renjaer Lewis Hamilton het op sosiale media geskryf dat geregtigheid geskied het met die skuldigbevinding van oudpolisieman Derek Chauvin, die man wat tereggestaan het vir die moord op George Floyd.

Die 36-jarige wêreldkampioen is ’n uitgesproke ondersteuner van die Black Lives Matter-beweging en hy het onder meer vroeër vanjaar gesê dat hy sal voortgaan om hom vir gelykheid in die sport te beywer.

Volgens Hamilton se onlangse Twitter-plasing is dit vir hom moeilik om sy emosies te beskryf.

“Dit is die eerste keer dat ’n wit polisiebeampte skuldig bevind word aan die moord op ’n swart man in Minnesota. Dit is ’n baie groot oomblik; George se dood was nie tevergeefs nie,” het die Mercedes-ster geskryf.

Die Amerikaanse jurie het vroeër die week ná sowat 11 uur lange beraadslaging die 45-jarige Chauvin skuldig bevind aan al drie aanklagte teen hom: moord in die tweede en derde graad én manslag.

“Om hom (Chauvin) aan al drie klagte skuldig te bevind, is ’n nuwe begin in die stryd vir rassegeregtigheid. Ons kan nou gesamentlik ’n sug van verligting slaak dat geregtigheid geseëvier het.”

Volgens Hamilton is dit steeds ’n somber oorwinning vir Floyd se familie.

“Swart mense se stemme is gehoor. Wanneer ons saamstaan, kan ons ongetwyfeld ’n verskil maak. Die geveg is egter verby nie en daar moet nog baie gedoen word.”

Die wêreldkampioen het al vantevore gesê dat ongelykheid steeds die septer in die sportwêreld swaai.

Hy het aangevoer dat die wêreld steeds na gelykheid vir alle mense moet streef en dat almal hulle daarvoor moet beywer.

“So lank as wat daar suurstof in my longe is, sal ek aanhou om vir verandering te veg. Ek sal myself beywer om geleenthede vir swart kinders te skep in vakgebiede soos die wetenskap en ingenieurswese.”

Bernie Ecclestone, die voormalige F1-baas, het Hamilton egter gewaarsku dat hy versigtig moet wees.

“Ek het al vir sy pa gesê dat Lewis mooi moet dink. Hy word deur mense misbruik wat BLM ondersteun en hulle maak lekker geld daardeur. Terselfdertyd weet niemand waarheen die einste geld gaan nie,” het Ecclestone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

koos10 ·

Red Bull en Maclaren het sieklik karre wat kan ry, en daar voeter die Mercs uit die bus uit.
Bottas kon nie hondhaar afmaak Sondag nie, en die ontasbare Hamilton maak foute onder druk.
Ek was ‘n groot Merc ondersteuner, maar nadat hy met sy BLM gemors en Toto Wolf die knie gebuig het en die karre swart geverf het, nee wat, ek ondersteun nou maar die Red Bulls.

SomeOne ·

“Bernie Ecclestone, die voormalige F1-baas, het Hamilton egter gewaarsku dat hy versigtig moet wees.” daarmee stem ek ook 100% saam

ouMo ·

Critical Race Theory is ‘n kanker wat deur die wereld swiep en alles tot niet sal maak. Dit is die gevolg van Marx, Darwin, Freud en Nietsche se goddelose vrug,
ironies genoeg almal ou wit mans…

Hoekom ·

Daar is ‘n baie mooi ou afrikaanse woord vir wat in die wêreld aangaan vandag: Swartgallig…

Adam Adriaan ·

Alles die begin van die groot smarte en wegval. Kyk vir vredesluiting met Israel en die bou van die derde tempel in Jerusalem. Alle geinspireer deur die vader van die leun.

Kobus ·

Sir Hammilton, sal u ook reageer wanneer moordenaars in SA skuldig bevind word? Ek sien ook geen kommentaar tov die moorde in Mozambiek nie………………waar swart terroriste swart mans soos skape keel afsny.Geen woord ook oor die BLM in SA nie.Wag ook nog vir mnre Pienaar,du Plessis en De Villiers se kommentaar

Korrelkop ·

Ek is ook nie teen gelykheid in die werksplek nie mits jy jou werk REG en GOED kan doen. Dit beteken dat jy KENNIS van jou vakgebied moet hê en bereid moet wees om te DIEN en nie gedien te wil wees nie!

Willempie ·

Lewis you are just a happy mechanic with a reliable fast racing car……and do not forget, a while back you battled to get into the first 10 positions ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.