Hamilton sê hy is steeds op herstelpad ná derde plek

Valtteri Bottas, Max Verstappen en Lewis Hamilton op die podium. Foto: Guiseppe Cacace/AFP.

Lewis Hamilton, die F1-wêreldkampioen, sê dat hy steeds op die herstelpad is nadat hy vroeër positief vir Covid-19 getoets het.

Die 35-jarige Brit het gister derde op die Yas Marina-baan in Abu Dhabi klaargemaak. Hoewel hy steeds op die podium gestaan het, was dit sy swakste vertoning op die baan in sewe jaar.

“Ek glo nie dat ek al ooit in my lewe so moeg was nie, terwyl my lyf glad nie goed voel nie. Tog het elke donker wolk ’n silwer randjie en ek het verlede week glad nie gedink dat ek deel van die aksie sou wees nie. Ek is baie dankbaar vir my gesondheid,” het Hamilton gesê.

Volgens Hamilton is hy steeds op die herstelpad en dat hy daarna uitsien om weer in die toekoms aan sy fiksheid te werk.

Red Bull se Max Verstappen was Sondag se uiteindelike wenner, terwyl Valtteri Bottas – Hamilton se Mercedes-spanmaat – die tweede plek losgejaag het.

Hoewel Hamilton teleurgesteld met die uitslag is, is hy baie tevrede dat hy sy terugkeer kon maak nadat hy die vorige wedren in Bahrein misgeloop het.

“Wat my fisieke toestand betref was dit ’n baie moeilike wedren. Ek het die hele jaar baie goed agter die stuur gevoel, maar dit was glad nie die geval hier gewees nie.”

Tog het die Brit die F1-kalenderjaar met ’n voorsprong van 124 punte bó Bottas afgesluit.

  • Finale puntestand:
  1. Lewis Hamilton (Mercedes) 347 punte
  2. Valtteri Bottas (Mercedes) 223 punte
  3. Max Verstappen (Red Bull) 214 punte
  4. Sergio Perez (Racing Point) 125 punte
  5. Daniel Ricciardo (Renault) 119 punte
  6. Carlos Sainz (McLaren) 105 punte
  7. Alexander Albon (Red Bull) 105 punte
  8. Charles Leclerc (Ferrari) 98 punte
  9. Lando Norris (McLaren) 97 punte
  10. Pierre Gasly (Alphatauri Honda) 75 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jack Russ1 ·

Sodra Mercedes bietjie gaan sukkel gaan hy die pad vat. Hy is klaar die kampioen vir die jaar, het omtrent al die rekords gebreek. So hoekom ry, derde kom en dan verskoning soek. Hy is ‘n ervare drywer en weet wat die eise van ‘n wedren is, as hy nie reg was nie, moes hy uitgesit het. Klink meer soos ‘n selfsugtige bedorwe brokkie

Racheltjie Debeer ·

Net so, hy is beslis ‘n bedorwe brokkie. sit hom in ‘n ander kar en kyk of hy nog so goed is.
Laas naweek het sy plaasvervanger, wat nooit nêrens gekom het nie, ook baie goed gedoen in die Merc. Hamilton is net so goed soos die kar wat hy ry.

Stefan ·

Dis presies hoekom hy nie moes gery het nie en Russell die kans gegee het na laasweek se banderuil katasrofe.

Eltan ·

Maklik om verskonings uit te dink…sou baie beter sportmanskap gewees het as hy die eer aan sy mede jaers gegee het.. maar wat verwag mens van self gesentreerde narsis…

Annakapat ·

Ek stem saam dat hy nie moes ry die naweek nie maar julle sê die lelikste goed oor ‘n man wat julle nie regtig persoonlik ken nie!
Maar dis maar tipies Suid Afrikaners – gun niemand niks nie.

Boer ·

Mercedes het Goerge Russel n oorwinning ontneem om Hamilton nie sleg te laat voel nie. Ook het Hamilton as n siek persoon gery sodat Goerge nie in sy kar kan wen nie. Hulle is seker bang vir baie vrae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.