Herrie oor swemkappie vir afro-kapsels

Ter illustrasie. Foto: Sean M. Haffey/Getty Images/AFP.

Die internasionale swembeheerliggaam (Fina) se besluit om nie ’n swemkappie wat spesiaal ontwerp is vir swemmers met “dik en welige hare” by internasionale kompetisies toe te laat nie, kan heroorweeg word.

Volgens die stigters van Soul Cap, Michael Chapman en Toks Ahmed-Salawudeen, het die inspirasie vir die kappie hulle getref toe hulle swemlesse vir volwassenes begin bywoon het.

“Nadat ons met ons ma’s, susters en vriende gesels het, het ons besef dat daar nie geskikte swemdrag vir swemmers met afrokapsels, vlegsels, ensovoorts is nie. Ons het daar en dan besluit om ons eie [kappies] te vervaardig,” het hulle op sosiale media gesê.

Fina het egter ’n stokkie voor die gebruik van ’n Soul Cap-swemkappie by groot byeenkomste – soos die Olimpiese Spele – gesteek en, volgens die stigters, onder meer aangevoer dat die kappie nie die natuurlike vorm van ’n swemmer se kop volg nie.

Britse media berig dat Fina gesê het dat daar na sy wete onder deelnemers aan internasionale swembyeenkomste nog nooit ’n behoefte aan sulke swemkappies was nie.

Nodeloos om te sê het ʼn herrie losgebreek en die Jamaikaanse swemmer Michael Gunning het sy ontevredenheid op sosiale media te kenne gegee.

“Ek is absoluut geskok om van Fina se verbod op die gebruik van afroswemkappies te hoor,” het Gunning geskryf.

Fina het later in ’n amptelike verklaring gesê dat hy kennis neem van die kommentaar en reaksie oor die gebruik van Soul Cap-swemkappies by sy kompetisies en dat hy begrip het vir die belang van inklusiwiteit.

“Fina is daartoe verbind om te verseker dat alle swemmers toegang tot geskikte swemdrag het, mits sodanige drag nie ’n onregverdige voorsprong aan die betrokke swemmer bied nie.”

Die internasionale swembeheerliggaam het verder gesê dat daar geen beperking op Soul Cap-produkte vir ontspanning- en lesdoeleindes is nie.

CNN berig dat ’n opname deur Swim England bevind het dat 95% van swart volwassenes en 80% van swart kinders nie swem as ’n sportsoort in die land beoefen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

deHAS ·

Niks fout met ‘n kappie nie, al daai nat hare kan jou mos net terug hou, of is daar Aerodynamics?

Anoniem ·

Geen fout met die kappie nie. Dit behoort nog steeds die natuurlike vorm van ’n swemmer se kop volg want die hare word tog in ‘n mate platgedruk omdat die swemkappie so styf oor die kop pas.

koos10 ·

‘n Storm in ‘n swembad?
Ek kan regtig nie glo dat daai swemkappie ‘n persoon wat dit dra ‘n voorsprong kan gee bo die ander nie. Dit is groter as die tradisionele kappie, dus meer water weerstand?

Jan Seerot ·

White folks don’t jump… Dit was die fliek se naam.

Andrew ·

Yip jy kan nie alles vir almal wees nie. Met die critcal race theory nonsens gaan al die kinders se hare so lyk oor 50jaar.

Martie Smartie ·

Die ouens gaan in elk geval nie veel geld maak nie, as 9 uit 10 van die afrotanicity volkie nie hou van water nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.