Hokvegter Conor McGregor is terug!

Die hokvegter Conor McGregor het sy geveg teen Donal Cerrone binne 40 sekondes gewen. (Foto: Twitter)

Die 31-jarige hokgeveg-superster Conor McGregor het pas sy terugkeer tot die Ultimate Fighting Championship met ’n klinkende oorwinning oor Donald “Cowboy” Cerrone in Las Vegas gevier.

McGregor het die kragmeting binne 40 sekondes gewen om sodoende vir sy derduisende ondersteuners én die ander UFC-atlete te wys dat “Notorious” se dae in die hok nog lánk nie verby is nie. Die geveg het Sondag 07:30 Suid-Afrikaanse tyd plaasgevind.

McGregor het gedurende UFC194 in 2015 vir José Aldo in 13 sekondes katswink geslaan. Maar toe het die arrogante Ier op die kruin van die golf gery. Sedertdien was daar hofverskynings oor dronkbestuur en ’n hele paar ander botsings met die gereg. Boonop het hy sy laaste UFC-geveg – in Oktober 2018 – teen Rusland se Khabib Nurmagomedov verloor.

En waar sy linkervuis dikwels vir ’n harpuisreuk gesorg het, was dit nou sy linkerskouer wat die grootste skade aangerig het.

McGregor het soos ’n vetgesmeerde blits weggetrek en Cerrone met sy gedugte linkervuis probeer plattrek. Toe dít misluk het, het hy sy teenstander in ’n omhelsing nadergetrek.

Maar waar ’n drukkie normaalweg met vertroosting verbind word, het die Ier met sy skouer weggetrek en Cerrone ’n hele paar keer daarmee bygedam.

Die Amerikaner is onverhoeds betrap, sy neus is gebreek en McGregor het woerts-warts die oorhand gekry. ’n Skop teen die kakebeen, ’n paar vuishoue later en die kragmeting is stopgesit.

Die hele storie het net 40 sekondes geduur.

I am back, baby! Ek het vandag geskiedenis gemaak deur die eerste UFC-vegter te word wat uitklopoorwinnings in drie verskillende gewigskategorieë behaal het. Skryf maar gerus weer my naam in die geskiedboeke,” het ’n verheugde McGregor agterna gesê.

Anders as in die verlede het hy ook sy teenstander bedank en selfs vir sy ma ’n druk gegee.

Vanaand brand die vreugdevure weer hoog in Dublin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

MP ·

Nee wat Twaalfboor. Beslis nie net ‘n “lucky punch” gewees nie. Hy ken van.
Mooi so Conor. Jy mag maar.
Goeie sportman gees ook teenoor Cowboy.

J ·

@MP, en sy sportsman gees teenoor sy “fans” wanneer hy hul fone breuk en weg gooi? Hulle geld vra vir n selfie en handtekening? Nee wat dink Mayweather moet hom weer terug aarde toe bring.

HVR ·

Geen hou op daai vlak is n “lucky punch” Conor het PRESIES geweet wat hy doen…

ursula ·

Vroeg op gestaan om die te kyk, al die voor gevegte ook.
Beslis nie n lucky punch, die man kan slaan. Was bietjie vies dat dit so vinnig verby was, meer vewag van die die Cowboy, maar na ja dis die sport. Een skoon hou en jy is plat

Perly ·

Dink Mayweather moet hierdie mannetjie weer laat les op se.

Jean ·

In ‘n mma geveg sal Mayweather elkekeer 2de kom.
Al is Conor lelik teenoor sy fans, is hy nogsteeds ‘n goed in wat hy doen.

Vraagteken ·

Aan julle mense wat Mayweather se naam skreeu; julle almal vergeet een ding- Mayweather het teen McGregor geveg op sy’ reëls (en dan het die geveg nog ‘n hele rukkie aangegaan ook). Wat dink julle gaan gebeur as Mayweather teen McGregor veg op McGregor se reëls?

Perly ·

@Vraagteken, maak nie saak nie, mannetjie McGregor het gese hy wil boks. Dit wys jou die denkkrag. Mayweather weet waar hy bo sonder enige twyfel sal wen.

TwaalfBoor ·

@Vraagteken
Conor McGregor was die verwaande idioot wat Floyd binne sy reels gedaag het. En toe…..? Leer Floyd hom ñ boks les. Daars nie pille vir arrugansie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.