Hongaar verbeter Phelps se rekord

Kristof Milak in aksie. (AP Photo/Mark Schiefelbein)

Hongarye se Kristof Milak is die nuwe wêreldrekordhouer in die 200 m-vlinderslagitem, toe hy vandag by die Wêreld-langbadkampioenskap in Suid-Korea dié item in ’n tyd van 1:50,73 min. afgeblits het.

Die vorige rekord is deur die legendariese Amerikaner, Michael Phelps, gehou. Hy het die afstand in ’n tyd van 1:51,51 min. in Rome tien jaar gelede voltooi.

Die 19-jarige swemmer het sodoende die eerste tiener geword om ’n wêreldtitel te wen, sedert Phelps dit as ’n 18-jarige in 2003 vermag het.

Suid-Afrika se Chad le Clos – die verdedigende kampioen – was vinnig oor die eerste 100 m, maar hy  het uiteindelik derde geëindig in sy tyd van 1:54,15 min.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.