Suid-Afrika se voorste padfietsryer, Daryl Impey, het sy nasionale padfietstitel in die SA Padfietskampioenskap in Pretoria verdedig.
Die 34-jarige atleet het die 162 km in ’n tyd van 3:54:30 afgeblits – 25 sekondes vinniger as Ryan Gibbons in die tweede plek.
Vroeër het die gunsteling in die vrouekategorie, Ashleigh Moolman-Pasio, met die louere weggery.
Uitslae:
Mans:
Elite-ryers:
- Daryl Impey
- Ryan Gibbons
- Stefan de Bod
- Reinardt Janse van Rensburg
- Nicholas Dlamini
30-39:
- Egon Campbell
40-49:
- Nicholas White
50-59:
- Gary Beneke
Vroue:
Elite-ryers:
- Ashleigh Moolman-Pasio
- Juanita Venter
- Joana van de Winkel
- Tiffany Keep
- Carla Oberholzer
30-34 jaar:
- Linda Jooste
35-39 jaar:
- Lizel Roosenstein
40-44:
- Desray Foyn
Hoeveel keer is hulle Tom Jenkins uit?
Respek!
Maroela, waar is die uitslae van die “hand cyclists”?