Inenting ’n vereiste om in Melbourne af te slaan

Novak Djokovic spog met die silwerware in Melbourne. Foto: Fiona Hamilton/Tennis Australia/AFP.

Novak Djokovic het vroeër vanjaar vir die negende keer in sy loopbaan die eindstryd van die Australiese Ope gewen, maar daar is ’n definitiewe moontlikheid dat hy nie in 2022 sy titel in Melbourne sal kan verdedig nie.

Die wêreld se voorste manstennisspeler het al vantevore die hoop uitgespreek dat ’n inenting teen Covid-19 nie verpligtend vir spelers word nie en dat spelers die vryheid gegun moet word om die keuse vir hulself te maak.

“Ek wil nie gebrandmerk word as iemand wat vir of teen die entstof is nie en ek vra dat almal dit moet respekteer,” het Djokovic destyds gesê.

Alex Hawke, Australië se minister van immigrasie, het egter gesê dat besoekende spelers teen die virus ingeënt moet wees as hulle in Melbourne wil afslaan.

“Jy moet ten volle ingeënt wees om Australië te besoek – dit geld vir elke besoeker en nie net tennisspelers nie,” het Hawke in ’n radio-onderhoud met die Australian Broadcasting Corporation gesê.

Australiese regeringslui het al vantevore gesê dat status of Grand Slam-titels nie iemand teen die virus sal beskerm nie.

“Ek het nie ’n spesifieke boodskap vir Novak nie. Ek het ’n boodskap vir almal wat graag Australië wil besoek: Jy moet ten volle ingeënt wees.”

Dominic Thiem. Foto: Twitter.

Maar volgens CNN sal die entstof-vereiste nie net ’n invloed op Djokovic se titeldrome hê nie – volgens ’n onlangse opname is meer as ’n derde van die wêreld se professionele tennisspelers nog nie teen die virus ingeënt nie.

Tog het spelers soos Dominic Thiem en Andrey Rublev aangedui dat hulle nou bereid is om ingeënt te word.

“Die situasie in Australië is van so ’n aard dat spelers ten volle ingeënt moet wees as hulle aan die Australiese Ope wil deelneem. As jy nie teen die virus ingeënt is nie, sal jy waarskynlik die toernooi misloop,” het Rublev in die Russiese media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hendrik ·

Jammer ek kan nie die verskil sien of jy ingeents is of nie om aan die toernooi deel te neem nie. Is ‘n goeie PCR toets nie meer van pas om te verhoed dat die virus versprei nie of verstaan ek iets verkeerd? Inenting is om jou self te beskerm (anti-ligaampies op te bou indien jy nog nie Covid gehad het nie). ‘n Antigen toets kan mos gedoen word om te wys jy het anti-ligaampies teen die Covid virus het of nie. Jy kan dan mos dan gebaseer op die mediese feite self besluit of jy ingeent wil word of nie.

VaalDonkie ·

Dit gaan nou oor politieke magspeletjies. Ons het lank gelede al gesonde verstand by die venster uitgegooi en nou gaan dit alles net oor magsvertoon.

AW ·

Waarom mag die mens nie vir hom of haar self besluit nie??

Die wat hulle reg uit oefen om nie ge “JAP” te wees nie, sê dan net so aan hul mede mens, en daardie mede mens het dan die reg om te besluit of hy of sy in die teen woordigheid van daardie persoon wil wees of nie.

Maar nou ja,

Die lewe gaan aan !

Danie ·

AW, jy het 100% n keuse en n besluit om die “JAP” te neem, niemand word forseer nie.

Dirk Mostert ·

Jy het nie ‘n 100% keuse as jy afgepers word of jou loopbaan op die spel is nie.

Frank ·

Dis wat ek nie VERSTAAN of erens raaklees nie!! Beide ingeentes en nie-geentes kan die virus nog steeds kry en dra. Die geentes het net ‘n kleiner kans om in die hospitaal op te eindig!!

Dirk Mostert ·

Die laaste sin word weerspreek deur rekords wat in die VK, EU en VSA gehou word.

piet ·

Oukei Dirk – Verskaf vir ons die data en grafieke VOOR die inentIngs en NA die inentings dat ons kan vergelyk: hoeveel geinfekteer is, hoe ernstig hulle toestand was en hoeveel dood is. Kom nou. Deur te beweer dat die situasie nou erger is as voor inentings of dat die inentings die situasie vererger is moedswillige verspreiding van valse inligting. So byvoorbeeld was “slegs” ongeveer 3000 van die laaste 100 000 wat in die VSA aan Covid-verwante oorsake dood is, ge-vaksineer. So die getalle is steeds hoog maar die wat doodgaan is in hierdie geval 30-keer meer vir ongevaksineerdes.

piet ·

Kan steeds aangesteek word maar het ‘n kleiner kans om aangesteek te word (en ander aan te steek), word nie so ernstig siek nie en uiters min in vergelyking met ongevaksineerdes gaan dood. So dit maak nie vir my sin hoekom iemand sou weier om die inenting te neem nie. Maar nou ja, as jy koppig is, is jy koppig.

Dirk Mostert ·

Novak en sy gade is beide positief getoets en kort daarna negatief. Teoreties het hulle dus blitsig natuurlike immuniteit bereik. (Alternatief was die toetse onbetroubaar). So ook Herchelle Jantjes en talle ander bekende persone.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.