Kaartjies vir Federer/Nadal se Kaapse draai amper te koop

Roger Federer. Foto: Twitter.

Slaan solank daardie spaarvarkie stukkend of hoop dat jou polis binnekort sal uitbetaal, want kaartjies vir die Roger Federer/Rafael Nadal-liefdadigheidstenniswedstryd is van hierdie week af beskikbaar!

Kaartjies vir die Match in Africa sal Woensdag reeds om 09:00 via Computicket beskikbaar wees en pryse wissel tussen R150 en R1 950 per kaartjie.

Die geld sal ten bate van Federer se liefdadigheidsorganisasie wees en dié vriendskaplike tweestryd is vir 7 Februarie 2020 op die Kaapstad-stadion gereël.

“Ek gaan in my ma se geboorteland teen my kwaaiste teenstander en vriend, Rafael Nadal, speel,” het ’n opgewonde Federer gesê.

  • Albei spelers is tans by die Amerikaanse Ope in aksie. Federer het vir die kwarteindstryd gekwalifiseer nadat hy van David Goffin ontslae geraak het, terwyl Nadal teen Marin Cilic in die ronde van 16 te staan sal kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Mense is Male on te gaan kyk tensy hulle ‘n kaartjie by die gaan kan bekostig. Gaan glo TV skerms opreg vir mense wat ver sit. In daardie geval kan ek maar by die huis op my eie TV kyk. Dit in die naam van meeste toeskouers vir een wedstryd. Noem dit op die naam. ‘n Gejag ma geld.

kolla ·

Wanneer gaan jy weer die geleentheid kry om die twee legendes lewendig in SA te sien? Is dit nie maar wat mense betaal om konserte van oorsese sangers by te woon nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.