Kan Ferrari weer eerste eindig?

Mercedes se Lewis Hamilton voor ʼn Formule 1-wedren in Melbourne, Australië (25 Maart 2018). Foto: Saeed Khan/Pool via Reuters

Die tweede wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks word op 8 April in Bahrein aangebied. Die eerste wedren in Melbourne was deur Ferrari oorheers. Sebastian Vettel en Kimi Raikkonen het eerste en derde geëindig om die jaar in hoogste rat te begin. Net sewe sekondes het die topvier motors geskei terwyl vyftien van die twintig motors wat weggespring het, die wedren voltooi het.

Die verdedigende kampioen, Lewis Hamilton (Mercedes), het in Melbourne voor weggespring, maar hy het sy bande gaan omruil tydens die normale wedren. Die veiligheidsmotor (eers virtueel) het halfpad deur die wedren vir verskeie rondes voor gery waartydens die meeste motors hul bande geruil het. Vettel het die voortou geneem tydens die bandruilingstyd met Hamilton wat teruggeskuif het na die tweede plek en Raikkonen derde.

Lewis Hamilton en die Mercedes-span sal poog om bogenoemde fout uit te skakel en te wys hy is die beste. Intussen het die ingenieursdirekteur, Andrew Shovlin, dié week bekend gemaak dat hulle die fout opgespoor het in hul rekenaarstelsel gevind wat onakkurate inligting verskaf het en wat gelei het tot die vorige fout.

Hamilton, asook Vettel, kan beide vanjaar hul vyfde wêreldtitel verower as een van hulle die reeks kan wen.

Die oefenrondes vir die Bahrein Grand Prix begin Vrydag 6 April terwyl die kwalifisering vir die wegspringrooster Saterdag afgehandel word. Die hoofwedren vind op Sondag 8 April plaas.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.