Korter roete vir volgende Kaapstad-fietstoer

Die Kaapstad Fietstoer kan volgende jaar ook ’n korter roete hê. Foto: Facebook.

Die Kaapstad-fietstoer kan in 2020 ’n splinternuwe baadjie aantrek, met ’n bloudruk vir ’n korter roete wat gestalte begin kry.

Dié opwindende moontlike aanwins is verlede week deur die organiseerders en die Stad Kaapstad bevestig.

“Ons is baie opgewonde om saam met die Stad Kaapstad aan dié blink inisiatief te werk,” het David Bellairs, wedrendirekteur, gesê.

Die wedren lok jaarliks 35 000 deelnemers – van elite ryers tot fiksheidsentoesiaste en groentjies – en die organiseringspan wil die wedren so toeganklik as moontlik vir alle ryers maak.

“Ons besef dat 109 km dalk ’n strawwe uitdaging aan beginners bied en ons streef daarna om alle ryers deel van die trapaksie te maak.

“Ons wil deelnemers aanmoedig om deel te wees van dié wonderlike byeenkoms; maak nie saak of hulle spandrag of ’n kostuum dra nie. ’n Korter roete, saam met die tradisionele wedren, is die perfekte oplossing. Ons sal soos wat ons vorder meer inligting beskikbaar stel, maar tans wil ons die korter roete op die Saterdag aanbied, gevolg deur die 109 km-roete op die Sondag,” het Bellairs gesê.

  • Die voorlopige datum vir die volgende wedren is 8 Maart 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marco polo ·

Klink vir my eerder na n geldmaakstorie. Los dit soos dit is, anders gaan dit die eksklusiwiteit dasrvan verloor. Laat diegene wat nie fiks genoeg is nie, een van die vele ander pretritte doen

sandra ·

Dit sal nie meer dieselfde wees as hulle nou ‘n korter roete instel nie. moenie krap waar dit nie jeuk nie

kolla ·

Maak sin. Korter afstand vir die casual ryers en families op die Saterdag en dan die standaard afstand die volgende dag vir gereelde ryers. Behoort goed te werk.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.