Kwaai uitdaging vir SA manshokkie teen Engeland, Duitsland

Fabian Gregory - SA afrigter (Foto YouTube)

Fabian Gregory – SA afrigter (Foto YouTube)

Internasionale manshokkie keer Donderdag terug na die Hartleyvale-stadion in Kaapstad wanneer die tweede Somerreeks met ʼn wedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland begin. Duitsland speel ook in die reeks.

Drie spanne sal elk twee wedstryde teen mekaar speel. Die Proteas gaan weer ʼn opdraande stryd voer want Engeland en Duitsland is, vergeleke met SA, baie hoog op die wêreldranglys. Duitsland is vierde op die wêreldranglys, Engeland sewende en Suid-Afrika 15de.

Suid-Afrika sal nie op volle sterkte wees nie. Daar is 22 spelers in die groep gekies maar nie al die voorste spelers was beskikbaar nie weens klub- en werksverpligtinge en beserings.  Die nasionale keurders het weer jong spelers soos Dayaan Cassiem en Andrew Hobson wat nog verlede jaar op die skoolbanke gesit het, in die groep ingesluit.

Die Proteas se afrigter, Fabian Gregory, beskou dié reeks as voorbereiding vir die FHI Hokkie Wêreldliga in Julie en die Afrika Nasiesbekertoernooi in Augustus. Albei toernooie vind in Johannesburg plaas.

Bepalings vir die Somerreeks

2 Maart, 18:00  Suid-Afrika teen Engeland
4 Maart, 16:00  Engeland teen Duitsland
5 Maart, 16:00  Suid-Afrika teen Duitsland
6 Maart, 18:00  Suid-Afrika  teen Engeland
8 Maart, 18:00  Engeland teen Duitslan
9 Maart, 18:00  Suid-Afrika teen Duitsland

♦  Die vrouehokkiespan het die afgelope naweek twee toetse teen Engeland gespeel en 2-4 en 0-3 verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.