
Duitsland se Francesco Friedrich en Thorsten Margis vier hul medalje op die podium. Foto: Daniel Mihailescu/AFP.
So tussen al die opkikkerdrama, gekleurde donkerbrille en nagemaakte sneeu deur, sorg die Olimpiese Winterspele in Beijing vir hope aksie.
En natuurlik is elke bobslee-span, skiër en skaatser vir bobaas fotogeleenthede verantwoordelik. Hier is ’n keur van AFP se lekkerste foto’s van die internasionale skouspel.
- Medaljepunteleer:
- Noorweë: 27 medaljes (12 goud, 7 silwer en 8 brons)
- Duitsland: 18 medaljes (9 goud, 6 silwer en 3 brons)
- VSA: 19 medaljes (8 goud, 7 silwer en 4 brons)
- Oostenryk: 17 medaljes (6 goud, 7 silwer en 4 brons)
- Nederland: 13 medaljes (6 goud, 4 silwer en 3 brons)
- China: 12 medaljes (6 goud, 4 silwer en 2 brons)
- Swede: 12 medaljes (5 goud, 3 silwer en 4 brons)
- Switserland: 10 medaljes (5 goud en 5 brons)
- Russiese Olimpiese Komitee: 20 medaljes (4 goud, 7 silwer en 9 brons)
- Frankryk: 13 medaljes (4 goud, 7 silwer en 2 brons)
- Alexandru Stefan Stefanescu van Roemenië. Foto Jeff Pachoud/AFP.
- Switserland se Loic Meillard was ingenome met sy lopie. Foto: Dimitar Dilkoff/AFP.
- Slowakye se yshokkiespan vier ’n doel. Foto: Anthony Wallace/AFP.
- Kim Kalicki laat waai in haar bobslee. Foto: Daniel Mihailescu/AFP.
- Elana Meyers Taylor van die VSA. Foto: Francois-Xavier Marit/AFP.
- En daar trek Giovanni Bresadola! Foto: Christof Stache/AFP.
- Soms loop alles nie heeltemal volgens plan nie. Foto: Manan Vatsyayana/AFP.
- Simon Ammann. Foto: Christof/Stache/AFP.
- Noorweë is die voorlopers op die medaljepunteleer. Hier is Marius Lindvik in aksie. Foto: Odd Andersen.
- Nika Kriznar het ’n brons medalje vir Slowenië ingeoes. Foto: Tobias Schwarz/AFP.