Kyk: Bofbal dalk nie Conor se sport

Conor McGregor laat waai! Foto: Twitter.

Conor McGregor mag dalk die bes betaalde sportman ter wêreld wees terwyl hy ook heel talentvol in ’n UFC-hok vertoon, maar sy bofbalvaardighede laat veel te wense oor.

Die “Notorious” moes Dinsdag die bal aan die rol sit vóór ’n Chicago Cubs-wedstryd, maar met rampspoedige gevolge.

Die linkshandige McGregor (geklee in ’n ontwerperspak) het soos ’n wafferse bofbalspeler gereed gemaak om die bal met mening te slinger, maar met rampspoedige gevolge: As daar glipveldwerkers in ’n bofbalwedstryd was, sou die sewende glip dalk vir sy gooi gekoes het.

Natuurlik is die hele storie op kamera vasgevang en sosialemediagebruikers het omtrent die veglustige Ier se siel uitgetrek.

“Ek kan nie ophou lag nie. Elke liewe hokvegter wat ons op die bofbalveld moes verteenwoordig was baie swak, maar hierdie poging vat ongetwyfeld die koek, ” Justin Gaethje (UFC-vegter) getwiet.

Dana White, die UFC-grootbaas, het gesê dat hy al baie keer gevra is om ’n bofbalwedstryd met ’n sierlike gooi te open, maar hy het nog nooit ingestem nie.

“Net soos daar baie mense is wat dink dat hulle kan baklei, is daar ook baie wat meen dat hulle ’n bal op die groot verhoog kan gooi. Dit is egter baie moeiliker as wat dit lyk,” het White gesê.

Maar wat dink McGregor van sy poging?

“Dit was die beste poging wat nog ooit op die ikoniese Wrigley Field gesien is. Die aggressie en krag was daar; my radar was net ’n bietjie uit. As dit akkurater was, sou die ou wat die bal moes vang probleme gehad het,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Natasha ·

Niks soos bietjie humor om ‘n wedstryd mee te begin nie. Ek sou net so sleg gegooi het.

VaalDonkie ·

Mens moet maar jou stywe baadjie uittrek as jy ‘n bal gaan gooi.

Frank ·

Lyk darem of die man kan gooi, as ek na sy styl kyk. Maar die rigting………… Lol

MakersMark ·

Oor die muur moet maar WWF join. Vergeet van hokgevegte, boks of bofbal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.