Kyk: Verstappen en Hamilton-kruitvat ontplof in Italië

Wanneer ’n tweestryd om ’n draai skeefloop. Foto: Andrej Isakovic/AFP.

Max Verstappen en Lewis Hamilton se tweestryd is ’n kruitvat wat net wag om te ontplof. En die vonke het vandag behoorlik in Italië gespat.

Die twee renjaers het weer met rampspoedige gevolge swaarde om ’n draai gekruis. Die uiteinde: Verstappen se regteragterband het bo-op Hamilton se Mercedes tot stilstand gekom en al twee renjaers se wedren was verby.

’n Omgekrapte Verstappen het uit sy motor geklim en, sonder om links of regs te kyk, na sy span gestap.

“Dit is wat gebeur wanneer jy nie vir iemand genoeg spasie gun nie,” het die Red Bull-renjaer later gesê.

Hamilton, wat sonder sukses probeer het om sy Mercedes weer op die baan te kry, meen op sy beurt dat Verstappen geweet het dat hy nie die draai sou maak nie, daarom het hy glo in hom vasgery.

“Hy het geweet hy gaan die geronde randsteen tref, maar hy het steeds aangehou. Ek weet nie eintlik wat om verder oor die voorval te sê nie,” het die Mercedes-renjaer gekla.

Volgens Verstappen het hy sedertdien nie weer met sy teenstander gepraat nie.

“Dit is soms beter om net weg te stap totdat ’n mens bedaar het. Ek is seker daarvan dat ons nog met mekaar sal gesels.”

In die deurmekaarspul het McLaren se Daniel Ricciardo en Lando Norris onderskeidelik eerste en tweede klaargemaak, gevolg deur Valtteri Bottas.

Verstappen is egter steeds eerste op die jaerspunteleer, gevolg deur Hamilton.

  • Uitslae:
  1. Daniel Ricciardo (McLaren)
  2. Lando Norris (McLaren)
  3. Valtteri Bottas (Mercedes)
  4. Charles Leclerc (Ferrari)
  5. Sergio Perez (Red Bull)
  6. Carlos Sainz (Ferrari)
  7. Lance Stroll (Aston Martin)
  8. Fernando Alonso (Alpine)
  9. George Russell (Williams)
  10. Esteban Ocon (Alpine)
  • Jaerspunteleer:
  1. Max Verstappen 226,5 punte
  2. Lewis Hamilon 221,5 punte
  3. Valtteri Bottas 141 punte
  4. Lando Norris 132 punte
  5. Sergio Perez 118 punte
  6. Charles Leclerc 104 punte
  7. Carlos Sainz 97,5 punte
  8. Daniel Ricciardo 83 punte
  9. Pierre Gasly 66 punte
  10. Fernando Alonso 50 punte
  • Vervaardigerspunteleer:
  1. Mercedes 362,5 punte
  2. Red Bull 344,5 punte
  3. McLaren 215 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hoekom

Hamilton ry soos ‘n priviledged(die wêreld skuld my) BLMer!!

Jasper

Kniebuiger gaan nog verantwoordelik wees vir ‘n renjaer se dood as hy nie gestop word nie.

Annakapat

Ag twak man, nie alles kan altyd Lewis se skuld wees nie! Die arrogante Verstappen kan ook maar bietjie dink hy kon nie op daai draai verby nie. Lewis moes op die eerste draai vir hom pad maak. Hy was desperaat en kwaad na sy slegte pitstop – hy het maar ‘n humeurtjie die Nederlander!

Elmarie

Net my 5c: Hamilton het op spoed uit kuipe gekom en mos gesien hier kom Verstappen met ‘n spoed. Sekerlik kon hy bietjie plekgee. Maar ai, hy mag dalk ‘n goeie bestuurder wees maar kla ALTYD as dinge nie na sy wense gaan en vergeet gou hy het al dieselfde gedoen as waaroor hy kla. En waar ek my grootste gly in hom as sportman gekry het is die jaar toe Rossberg wêreldkampioen geword het en hy eenvoudig SO onsportief opgetree het en geweier het om pad te gee sodat Rossberg kan voor klaarmaak. Nee wat, ook Bottas moes gedurig… Lees meer »

Helgard

Verstappen was duidelik net halfpad langs Hamilton so volgens die reels is dit 50/50 blaam tussen die drywers net soos Silverton maar die keer het Hamilton van agtergekom.

Nie een van die twee gevalle moes penalties gekry het nie; dit was racing incidents. Ons sien uiteindelik racing in F1 wat ons laas in die 90’s gesien het.

LET THEM RACE!!!!

Soos die stewards nou aangaan sal hulle maar indicators op die karre moet sit en 80km/h spoedbeperking insit vir 2022.