‘Lewis moes met 30 sekondes gestraf gewees het,’ sê Bernie

Die voormalige F1-baas Bernie Ecclestone. Foto: Andrej Isakovic/AFP.

Die voormalige F1-baas Bernie Ecclestone meen dat Lewis Hamilton ’n swaarder straf moes gekry het ná die naweek se Britse Grand Prix op die Silverstone-renbaan.

Die verdedigende wêreldkampioen en die huidige voorloper op die punteleer, Max Verstappen, was in die eerste ronde van die wedren in ’n ongeluk betrokke.

Die Mercedes-renjaer is met tien sekondes gestraf omdat hy die ongeluk veroorsaak het, maar met Verstappen uit die prentjie en met Charles Leclerc wat soms met sy Ferrari-enjin gesukkel het, het hy eerste oor die wenstreep gejaag.

Volgens Ecclestone sou hulle in die ou dae nie eintlik ’n bohaai oor die voorval gemaak het nie, maar omdat die wedrenbeamptes betrokke geraak het, sou ’n swaarder straf meer geskik gewees het.

“Dit moes 30 sekondes gewees het,” het Ecclestone gesê.

“Om dinge eenvoudig te verduidelik: Dit was nie Lewis se draai gewees nie omdat sy neus geensins voor was nie. Dit is waarom hy Verstappen se motor teen die agterkant getref het en nie voor of in die middel nie. As jy hom dan nou moes straf, was tien sekondes nie genoeg nie.”

Op sy beurt het Hamilton gesê dat hy nie geboelie sal word om minder aggressief te wees nie, maar hy is bereid om met Verstappen vóór die volgende wedren in Hongarye te praat.

“Ek weet nie eintlik wat ons vir mekaar gaan sê nie. Daar moet egter wedersydse respek op die baan wees anders gaan hierdie soort ding weer gebeur. Ek het my bes gedoen om my kant so skoon moontlik te hou,” het Hamilton gesê.

“Hy het voor my ingesny en ons het gebots. Ek was nogal gefrustreerd, want ons moet vir mekaar op die een of ander manier voldoende ruimte gee. Ek het egter geweet dat ek my beste vir die span en die ondersteuners sal moet lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kobus ·

Jy is te arrogant sir Hamilton! Jy is groter as die bedryf. Jy is seker die swakte sportman wat ek gesien het.

MakersMark ·

BLM arrogansie en tipiese “victim mentality”. Verstappen was voor maar hy het in LH vasgery ? Hoe maak dit sin? Stem saam met BE maar dink watse BLM oproer dit sou veroorsaak het ?

Anoniem ·

Die F1 base is te slapgat om iets te doen en sy punte vir die wedren weg te neem, netnou brand Hamilton sy motor uit woede.

Martie Smartie ·

As hy voor jou ingery het, kon jy spasie gemaak het, maar jou doel was om hom vd baan af te kry sodat jy nie kompetisie sou he nie Hamilton. Swak sportman

Janine ·

Hamilton hou nie van kompetisie nie. 5 wedrenne wat hy nie 1ste was nie, en toe moes vuil speel om op die podium te staan. Sekerlik die mees arrogante vent in F1 ooit! Hy kan gerus gaan lesse neem by Michael Schumacher oor wat dit beteken om sportmansgees en ‘humility’ te hê. Die kapokhaantjie is heeltemal te vol van homself.

koos10 ·

Die seldfe M Schumacher wat Hakkinen van die baan af gehaal het om die wêreld kampioenskap te probeer wen? Is jou geheue bietjie kort of is jy te jonk om dit te onthou?

Helgard ·

Het jy ooit in jou lewe F1 gevolg?

Schumacher se lys van drywers wat hy OPSETLIK uitgehaal het of probeer uitgehaal het omdat hy kwaad geraak het of wou cheat om die championship te wen.
1991: Warwick
1994: Damon Hill
1997: Villeneuve (Schumacher is nog steeds die enigste F1 drywer wat vir die jaar geskors was oor die optrede)
1998: Frentzen
2010: Barrichello

koos10 ·

Aai, al die has beens het baie te sê. Bernie moet asb sy reëls gaan lees en die verskil tussen die agterkant, sykant, voorkant en wiele gaan kyk.

Jackie ·

Koos ek dink nie jy jou geheue is baie goed nie . Dit was damon hill nie hakkinen nie.

Helgard ·

Hoekom laat hulle die skelm lwervlek nog enigsins naby F1 toe.

Reel is baie duidelik; as drywer onopsetlik ongeluk veroorsaak wat hy kon vermy het is dit 10 sekondes.

Hamilton was idioot, hy moes geweet die Mercedes gaan baie moontlik under steer teen daardie spoed en oordryf in die racing line in.

AS daar wel kritiek moet wees is dat hy slegs 2 punte op sy super license verloor ipv 3 punte.

Aai ·

Hamilton het die draai nie kort gesny soos al die ander rondes na Verstappen uitgehaal was.As hamilton die draai gevat het soos hy moes en daar was baie spasie en nie wyd gery het sou daar nie ‘n ongeluk gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.