Liggaamsbouer kry glo hartaanval op trapmeul

Cedric McMillan en Arnold Schwarzenegger. Foto: Maddie Meyer/Getty Images/AFP.

Volgens oorsese mediaberigte het Cedric McMillan, ’n bekende liggaamsbouer, gesterf nadat hy vermoedelik ’n hartaanval gekry het terwyl hy trapmeulwerk gedoen het.

Die 44-jarige McMillan het in 2017 die Arnold Classic gewen, terwyl hy twee jaar later negende in die Mr Olympia-kompetisie geëindig het.

“Rus in vrede, Cedric McMillan. Ons is hartseer om oor sy afsterwe verslag te lewer en ons wil ons innige meegevoel aan sy familie en vriende betuig,” het Generation Iron op Twitter gedeel.

Fox Sports berig dat die Amerikaner sy terugkeer na mededingende liggaamsbou-kompetisies uitgestel het nadat sy gesondheid verlede jaar begin agteruitgaan het.

Volgens The Sun het McMillan al vantevore probleme met sy hart ervaar, terwyl hy ook met sy asemhaling gesukkel het nadat hy ’n rukkie gelede positief vir Covid-19 getoets het.

Hy is ook later met longontsteking in die hospitaal opgeneem en op lewensondersteunende masjiene geplaas.

Benewens sy liefde vir liggaamsbou was McMillan ook ’n instrukteur in die Amerikaanse weermag waar hy tot die rang van sersant bevorder is.

“Dit is hartseer om van Cedric McMillan se afsterwe te verneem. Hy was ’n ongelooflike atleet, ’n toegewyde soldaat en gesinsman,” het een huldeblyk gelui.

Nóg ’n professionele liggaamsbouer en ’n voormalige Mr Olympia-wenner, Shawn Roden, het ook verlede jaar ná ’n groot hartaanval gesterf. Hy was 46 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

chris ·

Dit wil voorkom asof hy ingeent was,maar die berig gee nie vir ons duidelike antwoorde hieromtrent nie.Is dit doelbewus of te sensitief om oor kommentaaar te lewer?

Snuffelgids ·

Hy is meeste van sy lewe al besig met inentings, en daai inentings is wat die hart beskadig. Jare en jare se misbruik van dinge wat dit tot gevolg het.

Chris dupreez ·

Jy tas darem nou rond in die wind na iets oor n covid inenting. Ek sien nêrens in die berig eers amper so iets nie. En hier sal ek ook saam met Piet stem.

MakersMark ·

Legio gevalle van top liggaamsbouers wat sterf in hul 40 en 50 ‘s agv hartversaking, beroertes, lewer of nierversaking. Al van die ’80’s af lank voor CV19 inentings. Selfs die “Austrian Oak” het ‘n hartoperasie gehad ‘n ruk terug. Die redes is voor die hand liggend.

Duck ·

Bly weg van daardie lewens gevaarlike oefen apparate, draf, fietsry, gym ens is so gevaarlik
Bly by die huis, geniet ‘n glasie rooiwyn, dis minder gevaarlik. Ek weet van ‘n paar ouens wat hul letterlik dood geoefen het. Believe it or not

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.