Lloyd en kie in Davisbeker-aksie

Lloyd Harris. Foto: Twitter.

Lloyd Harris is deel van Suid-Afrika se span vir die Davisbeker-kragmeting teen Venezuela in New York.

Die jong Kapenaar ry tans op die kruin van die tennisgolf nadat hy tot die kwarteindstryd van die Amerikaanse Ope deurgedring het en met ’n rits sterre (onder wie Rafael Nadal en Dominic Thiem) klaargespeel het.

Daarbenewens is hy nou ook 31ste op die wêreldranglys; sy beste posisie ooit.

Volgens Harris is bestendigheid een van sy sterkpunte in 2021. Hy het vanjaar agt Grand Slam-wedstryde gewen; in die voorafgaande tydperk kon hy net twee keer as oorwinnaar van die baan in dié einste toernooie stap.

“Ek probeer om elke wedstryd met dieselfde intensiteit te benader. Ek het weliswaar ’n paar taai kragmetings agter die blad, maar ek voel goed en is gereed vir nog aksie op die baan,” het Harris gesê.

Hoewel Suid-Afrika die gunstelinge is om die naweek met die louere weg te stap, meen Harris dat Venezuela nie onderskat moet word nie.

“Ek het ’n bietjie navorsing gedoen en van die ouens in hul span gesien. Ja, hulle beskik dalk oor geen groot name nie, maar daar is ’n goeie balans tussen veterane en opwindende jong spelers in hul span.

“In die Davisbeker speel jy vir jou land en daar is baie meer op die spel.”

Die wedstryd word om veiligheidsredes in New York aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

piet ·

Uiteindelik ‘n speler wat met graagte vir sy land sal speel. Ons vorige groot name het mos te veel van hulself gedink om Davis-beker te speel (niks te verdien nie). Welgedaan Harris.

jou gewete ·

ongelukkig daal hy nou in my boek baie ver, iemand wat nog die land van rowers korrupsie en rassisme wil verteenwoordig verdien nie my steun nie. dis net so goed as n stem vir die anc

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.