Luister: 3 uit 3 vir Al-Attiyah

Suid-Afrika se Giniel de Villiers. Foto: Franck Fife/AFP

Gister se skof van die moordende Dakar-veldtydren het weer eens vir opwinding gesorg en daar was minder as twee minute tydverskil tussen Nasser al-Attiyah, Stephane Peterhansel en Suid-Afrika se Henk Lategan!

Die Suid-Afrikaanse groentjie het op sy goeie prestasie van die vorige dag voortgebou en hy het met tye selfs die voortou in die sneltrajek geneem.

Maar Al-Attiyah se ervaring het hom beslis gehelp en hy het vir die derde agtereenvolgende keer die skof gewen.

“Dit was hoegenaamd nie ’n maklike skof gewees nie. ’n Fout het beteken dat ons tyd verloor het, maar ons was kwalik die enigste span wat foute gemaak het en ons was gou weer op die regte koers,” het Al-Attiyah gesê.

Die Toyota Gazoo-span se skofoorwinning beteken dat hulle nou minder as vyf minute agter Mini se Stephane Peterhansel en Edouard Boulanger op die algehele punteleer is.

Nodeloos om te sê is spanbaas Glyn Hall weer in sy noppies met die span se vertoning.

“Henk en Brett [Cummings] het ’n ongelooflike dag agter die blad. Om sneltrajek-voorlopers in jou eerste Dakar-tydren te wees, sit nie in enigeen se broek nie en hulle het wonderlike vernuf agter die stuur getoon,” het Hall gesê.

  • Uitslae van vierde skof:
  1. Nasser al-Attiyah/Matthieu Baumel (Toyota) 2:35:59
  2. Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger (Mini) + 0:11
  3. Henk Lategan/Brett Cummings (Toyota) +1:30
  4. Sebastien Loeb/Daniel Elena (Brx) +2:36
  5. Carlos Sainz/Lucas Cruz (Mini) +2:56
  6. Jakub Przygonski/Timo Gottschalk (Toyota) +5:05
  7. Sheikh Khalid Al Qassimi/Xavier Panseri (Peugeot) +7:22
  8. Vladimir Vasilyev/Dmitro Tsyro (Mini) +10:45
  9. Orlando Terranova/Bernardo Graue (Mini) +10:54
  10. Erik van Loon/Sebastien Delaunay (Toyota) +11:07

Algehele punteleer:

  1. Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger (Mini) 13:15:12
  2. Nasser al-Attiyah/Matthieu Baumel (Toyota) +4:58
  3. Carlos Sainz/Lucas Cruz (Mini) +36:19
  4. Sebastien Loeb/Daniel Elena (Brx) +48:14
  5. Henk Lategan/Brett Cummings (Toyota) +48:44
  6. Jakub Przygonski/Timo Gottschalk (Toyota) +49:16
  7. Mathieu Serradori/Fabian Lurquin (Century) +51:58
  8. Sheikh Khalid Al Qassimi/Xavier Panseri (Peugeot) +59:19
  9. Martin Prokop/Viktor Chytka (Ford) +1:08:51

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.