Max kry nog ʼn kans in Japan

Max Verstappen.  Foto: Twitter.

Dinge het nie heeltemal volgens plan vir Max Verstappen in Singapoer verloop nie. Tog het hy goed gedoen om die wedren in die uiteindelike sewende plek af te sluit.

Nou kry hy Sondag in Japan nog ʼn kans om met die wêreldtitel weg te jaag. Al wat hy moet doen, is om die wedren te wen. Die bonuspunt vir die vinnigste rondte sal ook geen skade doen nie.

Die Red Bull-renjaer geniet tans ʼn voorsprong van 104 punte op die jaerspunteleer en as hy ná die naweek sy voorsprong tot 112 punte kan rek, is die titel so te sê in die sakkie.

F1 is egter ʼn onvoorspelbare sport waarin enigiets kan gebeur – soos wat ʼn mens in Singapoer gesien het. Charles Leclerc sal ook alles in sy vermoë agter die stuur van sy Ferrari doen om die titelresies aan die gang te hou.

Lewis Hamilton het dinge eintlik goed opgesom.

“Max het tans so ’n groot voorsprong en daar is nie veel hindernisse in sy pad nie. Tog sal ek vir Ferrari aanraai om aan te hou veg,” het die Mercedes-ster gesê.

En ʼn mens weet inderdaad nie altyd wat om die volgende draai wag nie. Selfs al gebruik jy ʼn GPS op pad na sukes.

Die Japanse Grand Prix begin Sondag om 07:00 en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Jaerspunteleer:

  1. Max Verstappen 341 punte
  2. Charles Leclerc 237 punte
  3. Sergio Perez 235 punte
  4. George Russell 203 punte
  5. Carlos Sainz 202 punte
  6. Lewis Hamilton 170 punte
  7. Lando Norris 100 punte
  8. Esteban Ocon 66 punte
  9. Fernando Alonso 59 punte
  10. Valtteri Bottas 46 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.