Max: ‘Ons sal aanhou baklei’

Max Vestappen. Foto: Twitter.

Max Verstappen het gister in Katar sy pad van sewende op die wegspringrooster na die tweede plek oopgeveg. Maar hoe hard hy ook al probeer het, Lewis Hamilton se Mercedes het net te veel spoed gehad.

Helmut Marko, die voormalige Oostenrykse renjaer, het juis verlede week gewaarsku dat daar nou ’n opdraande stryd op die jong Nederlander wag.

Hamilton is nou net agt punte agter Verstappen op die jaerspunteleer, terwyl Toto Wolff (Mercedes-spanbaas) gewaarsku het dat sy renmotor selfs vinniger in Saoedi-Arabië kan wees.

“Ons het dit nog altyd in Saoedi-Arabië geniet. Die pylvak is lekker lank en ons sal ons vurige toerusting daar inspan,” het Wolff in ’n onderhoud met Sky F1 gesê.

Marko, wat deesdae as een van Red Bull se raadgewers optree, meen dat Hamilton tans ’n groot enjinvoordeel geniet.

En Wolff is ook beïndruk met die kragtige Mercedes-enjin se vertoning.

Lewis Hamilton. Foto: Lars Baron/AFP.

“Dit is ongetwyfeld die beste Mercedes-pakket van die seisoen. Die kar is blitsig oor reguit gedeeltes en baie betroubaar om draaie.”

Ondanks Hamilton se oorheersing in Katar kon Verstappen steeds ’n punt vir die vinnigste ronde by die verdedigende wêreldkampioen steel.

En Wolff is nie te ingenome daarmee nie.

“Lewis was fantasties. Ja, daardie punt is ietwat van ’n irritasie, maar hy het die wedren gewen. Daarbenewens is die kar ook baie vinnig.”

Tog het Verstappen gesê hy sal nie sommer handdoek ingooi nie.

“Ek is tevrede met die tweede plek en die vinnigste ronde. Ondanks ’n goeie begin was ’n eerste plek uiteindelik buite ons bereik. Ons sal egter aanhou veg tot die einde,” het die Red Bull-renjaer getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Emile ·

Max Verstappen gaan nog ver kom met sy vegter Gees , hy moet net wag vir die regte geleentheid op die baan , As Hamilton onder druk is kan enige iets gebeur

Twallie ·

Selfs al word Hamilton kampioen, weet hy dat Max ‘n groot bedreiging is.

Max is ‘n yster en ‘n pure renjaer, wat lief is vir die sport.

Al waaroor Hamilton omgee is om sy BLM agendas in mense se kele af te druk. Dis ‘n jammerte die FIA en Mercedes het ingegee vir sy nonsens. Die ou versuur net die sport.

Politiek en sport meng nie.

piet ·

Hamilton het dan die vorige wedren al die penalties oorkom en vanaf ‘n 10de wegspringposisie gewen. In die proses het hy nog Verstappen verbygesteek ook om te wen. Hierdie wedren het hy sommer heeltemal weggery vir Verstappen.

Vonkprop ·

Ek stem. Sy veggees laat hom partykeer in die moeilikheid, maar met die regte mentorskap sal hy dit onder die knie kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.