Max se neus voor in Mexiko

Max Verstappen. Foto: Twitter.

Die wêreldkampioen Max Verstappen sal vandag heel voor in Mexikostad wegspring met die Mercedes-renmotors van George Russell en Lewis Hamilton kort op sy hakke.

Volgens die jong Nederlander het hy aanvanklik agter die stuur van sy Red Bull gesukkel, maar hy is tevrede met hoe dinge vir hom uitgedraai het.

Dit is immers die eerste keer dat hy heel voor op die wegspringrooster in Mexiko staan. Sy spanmaat, Sergio Perez, sal vierde in sy geboorteland wegspring.

“Ek is tevrede met die spoed wat ons kon handhaaf en dit beloof om ʼn goeie tweestryd met Mercedes te wees. Ek sal hard moet werk om voor te bly; dinge raak altyd interessant vóór die eerste draai in Mexiko,” het Verstappen gesê.

So van tweestryde gepraat – volgens die Red Bull-kampioen het hy respek vir Hamilton se bestuursvernuf. Tog meen hy dat die respek nie wedersyds is nie.

“Mense het al vir my gesê dat Lewis nie my naam in gesprekke wil gebruik nie. Ek is van jongs af geleer om sportsterre se prestasies te respekteer. Persoonlik het ek geen probleem met dít wat hy alles al bereik het nie; hy is ongetwyfeld een van die beste renjaers ooit,” het Verstappen in ʼn onderhoud met The Mail on Sunday gesê.

Die F1-aksie begin vanaand om 22:00 en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Wegspringrooster:

  1. Max Verstappen (Red Bull)
  2. George Russell (Mercedes)
  3. Lewis Hamilton (Mercedes)
  4. Sergio Perez (Red Bull)
  5. Carlos Sainz (Ferrari)
  6. Valtteri Bottas (Alfa Romeo)
  7. Charles Leclerc (Ferrari)
  8. Lando Norris (McLaren)
  9. Fernando Alonso (Alpine)
  10. Esteban Ocon (Alpine)
  11. Daniel Ricciardo (McLaren)
  12. Zhou Guanyu (Alfa Romeo)
  13. Yuki Tsunoda (AlphaTauri)
  14. Pierre Gasly (AlphaTauri)
  15. Kevin Magnussen (Haas)
  16. Mick Schumacher (Haas)
  17. Sebastian Vettel (Aston Martin)
  18. Lance Stroll (Aston Martin)
  19. Alex Albon (Williams)
  20. Nicholas Latifi (Williams)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.