
Floyd Mayweather Jr. (Foto: AP Photo/Isaac Brekken)
Die Amerikaanse bokser Floyd Mayweather het ’n striemende aanval op Conor McGregor geloods nadat die 32-jarige Ier in die tweede ronde van sy UFC-geveg teen Dustin Poirier verloor het.
Mayweather het onder meer gal gebraak omdat McGregor onder minder kritiek as hy deurloop. Hy het ook die sogenaamde “Notorious” as ’n swendelaar uitgekryt.
“Swendelaar ‘McLoser’ kan alles van my steel en steeds is mense lief vir hom terwyl hulle my haat. Dit wys jou net dat daar steeds rassisme is,” het Mayweather op sy Instagram-rekening geskryf.
“Niemand kan by my vaardighede kers vashou nie en ek is van nature ’n wenner. Ja, ek kan baie praat, maar ek voeg ongetwyfeld daad by woord.”
Hy het daarna ook kaalvuis onder sy kritici ingeklim.
“Dit is hartseer dat jy ’n arm swart kind van die ghetto is wat jou hele lewe teen rassisme moes veg en hard gewerk het om ’n beter lewe vir jou gesin te skep; net om te kyk hoe die meeste haat van jou eie mense kom.

Conor McGregor ná sy geveg teen Dustin Poirier. Foto: Twitter.
“Daarteenoor kan Conor nie eens ’n geveg in sy eie sport wen nie, maar wil teen Manny Pacquiao kom boks. Niemand sal dit wil sien nie.”
Intussen het McGregor se afrigter, John Kavanagh, gesê dat die Ier graag weer ’n ontmoeting met Poirier wil hê.
“Ons gaan onsself van die grond optel en probeer vasstel waar die tegniese dinge vir ons verkeerd gegaan het,” het Kavanagh gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Shame, arme Moneyweather, geld is toe nie alles nie.
Ai tipies.
Ag regtig – nog ‘n passasier op die rassisme trein…..
Ag siestog, bestel ‘n Windhoek met ‘n skyfie lemmetjie…
Nou as hy sê die meeste haat kom van sy eie mense, hoe kan dit rassisties wees?